Nuus 16:00
BULLETIN 9September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC word beskuldig van apartheid-era taktiek teen kwesbare gemeenskappe
# Die DA vra minister Kubayi vir groter beskerming vir verklikkers
# En varkkoppe word voor verskeie moskees in Parys gevind
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum het die ANC-regering beskuldig dat hy die armes in die steek laat en die rykes beskerm. Die forum sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se onlangse opmerkings oor die verwydering van onwettige nedersettings kom neer op haatspraak teen armes en buitelanders. Planne om studente met ‘n skuldlas op ‘n swartlys te plaas, word ook veroordeel met verwysing na geleenthede vir armes wat versper word. Die forum se president, Marothi Mashashane, voer aan korrupsie, wanbestuur en die verwaarlosing van basiese dienste het armoede en ongelykheid vererger.
# Die DA gaan die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, vra vir groter beskerming vir verklikkers deur wetgewende hervormings. Glynnis Breytenbach van die DA verwys na die sluipmoord op die Johannesburgse insolvensie-regskenner Bouwer van Niekerk. Sy sê president Cyril Ramaphosa het gedurende sy staatsrede in Februarie gesê die regering sal die fluitjieblaser-beskermingsraamwerk finaliseer en die Wetsontwerp op die Beskerming van Verklikkers gedurende die boekjaar voorlê, maar dis nooit gedoen nie:
# Die Energiereguleerder het ‘n verhoging van vier-persent in Sasol se maksimumprys van gas vir die 2025/26-boekjaar bevestig. Die aanpassing, wat van volgende maand tot Desember geld, verhoog die maksimumprys van 87-rand-vier-sent tot 90-rand-57-sent per gigajoule, hoofsaaklik as gevolg van die koste van gas van Mosambiek, oliepryse, wisselkoerse, en die Amerikaanse prysaanwyser. Charles Hlebela van Nersa sê dit beteken nie dat kliënte die volle verhoging sal betaal nie, want Sasol Gas behoort die prys laer as die maksimum te hou.
Nuus uit die buiteland:
# Die Franse polisie stel ondersoek in nadat varkkoppe voor verskeie moskees in Parys gevind is. Die minister van Binnelandse Sake, Bruno Retailleau, het die optrede veroordeel en dit skandalig en absoluut onaanvaarbaar genoem. Hy sê sy Moslem-landgenote moet hul geloof in vrede kan uitleef. Frankryk is die tuiste van die grootste Moslem-gemeenskap in die Europese Unie, asook die grootste Joodse bevolking buite Amerika en Israel self.
# Netbal: Die hoofafrigter van die Baba-Proteas, Precious Mthembu, sê haar groep van 15 spelers is voorbereid vir die komende Onder-21 Jeugwêreldbekertoernoooi in Gibraltar vanaf 19 tot 25 September. Suid-Afrika speel in Groep D teen Trinidad en Tobago, Barbados, Malawi and Fidji, met hulle eerste wedstryd teen Barbados op 20 September. Die span vertrek vandag en sal eers ‘n aantal wedstryde in Londen speel. Mthembu is vol vertroue dat hulle ‘n podiumposisie kan losslaan:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-49-sent teen die dollar, 20-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-71-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-754-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-649-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-56-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….