Nuus 16:00
BULLETIN 7 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Activist and Citizens Forum moedig Ramaphosa aan om te voorkom dat Suid-Afrika in ‘n donker gat verdwyn
# Die DA veroordeel beweerde tenderkorrupsie by SA Toerisme
# En rugby: ‘n Sterk Leeus-span pak die Brumbies Woensdag
# Die Activist and Citizens Forum moedig president Cyril Ramaphosa aan om dringend op te tree om te voorkom dat Suid-Afrika in ‘n erger krisis verval. Dit volg na ernstige aantygings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, wat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die adjunk nasionale kommissaris, Shadrack Sibiya, beskuldig van politieke inmenging in polisie-bedrywighede. Dennis Bloem van die forum sê Mkhwanazi is ‘n geloofwaardige en senior polisie-offisier en sy uitsprake moet nie ignoreer word nie:
# Die DA sê hy is diep bekommerd oor onlangse onthullings van beweerde onreëlmatighede rondom ‘n tender ter waarde van 100-miljoen-rand wat SA Toerisme aan Pomme Express toegeken het. Die party sê die maatskappy kon skynbaar nie sy ervaring bewys nie, en het vals en misleidende inligting as deel van sy tender voorgelê. Haseena Ismail sê die DA vra die minister van Toerisme, Patricia de Lille, om volle deursigtigheid en verantwoordbaarheid in hierdie saak te verseker:
# Die polisie het ‘n vyfde verdagte in hegtenis geneem in verband met die diefstal van ‘n transformator ter waarde van sewe-miljoen-rand uit die Laudium-substasie in Tshwane. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê onder die vyf wat aangekeer is, is drie munisipale werkers. Nevhuhulwi sê hulle is vasberade om sindikate te vernietig wat noodsaaklike infrastruktuur teiken en verwante misdade uitvoer.
# Rugby: Afrigter Andy Farrell hou vol dat hy ‘n oop gemoed hou oor sy span vir die eerste toets teen die Wallabies nadat hy sy sterkste groep tot dusver aangekondig het vir die Britse en Ierse Leeus se wedstryd Woensdag teen die Brumbies. Maro Itoje is terug as kaptein en Finn Russell en Jamison Gibson-Park die skakelpaar. Die voorry bestaan uit die Engelsman Ellis Genge en die Iere Dan Sheehan en Tadhg Furlong. Die Brumbies was in 2013 die enigste provinsiale span wat die Leeus kon klop.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-74-sent teen die dollar, 20-rand-82-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-430-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-306-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-35-sent per vat.
# En laastens, dit is vandag 20-jaar sedert die Londense selfdood-bomaanvalle van 7 Julie waarin 52 mense gesterf het. Koning Charles het tydens die Britste herdenkings die gees van eenheid geprys wat ná die gruweldaad getoon is. Eerste minister Keir Starmer en Londen se burgemeester, Sadiq Khan, het kranse gelê by die gedenkteken in Hyde Park op die tyd dat die eerste bom in 2005 ontplof het. Plaaslike Islamitiese ekstremiste het drie ondergrondse treine en ‘n bus in sentraal-Londen getref. Honderde mense is beseer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….