Nuus 16:00
BULLETIN 12 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet is bekommerd oor swak ekonomiese groei en verwelkom die infrastruktuur-beleggingshupstoot
# Die Transmissiemaatskappy wil die groothandel-elektrisiteitsmark teen April 2026 bekendstel
# En rugby: Kaartjieverkope open môre vir die Bokke se tuistoetse
# Die kabinet is bekommerd oor die swak ekonomiese groei nadat ‘n verslag van Statistieke Suid-Afrika aangedui het die bruto binelandse produk het in die eerste drie maande van vanjaar met slegs 0,1-persent gegroei. Die kabinet het die Nasionale Vergadering se goedkeuring van 2025 se fiskale raamwerk verwelkom, wat ‘n belegging van een-duisend-miljard-rand in infrastruktuur insluit. Die minister in the Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het op ‘n nuuskonferensie gesê sektore soos landbou en vervoer het groei getoon, maar vervaardiging en mynbou sukkel steeds:
# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika wil teen 1 April volgende jaar ‘n groothandel elektrisiteitsmark bekendstel, hangende goedkeuring deur die reguleerder. Die maatskappy het by NERSA aansoek gedoen om ‘n bedryfslisensie en groot vordering gemaak met die markkode. Die tussentydse uitvoerende hoof, Segomoco Scheppers, sê die vrywillige mark sal regverdige handel verseker en voorraad beveilig. Intussen word ‘n Suid-Afrikaanse groothandelel-ektrisiteitskool op 24 Junie bekendgestel om belanghebbendes te help om die nuwe markstelsel te verstaan.
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die Appèlhof se uitspraak verwelkom wat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se appèlaansoek in die Nulane Beleggings-bedrogsaak handhaaf. Die uitspraak herroep waarnemende regter Nompumelelo Gusha se ontslag van die agt beskuldigdes in 2023, insluitend Iqbal Sharma en voormalige Vrystaatse amptenare. Die Appèlhof het ’n herverhoor voor ’n ander regter gelas. Die NVG se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê dit baan die weg om voort te gaan met die vervolging van hoëprofiel-korrupsiesake wat met staatskaping verband hou:
# Rugby: Ondersteuners kan van môreoggend nege-uur kaartjies koop vir die Springbokke se tuistoetse in die Rugbykampioenskap. Die verdedigende kampioen en Australië pak mekaar op 16 Augustus op Ellispark in Johannesburg en ‘n week later in Kaapstad. Suid-Afrika en Argentinië speel op 27 September in Durban. Kaatjiepryse vir die toetse teen die Wallabies begin by 525-rand en vir die toets teen die Pumas by 250-rand. SA Rugby sê kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster en waarsku dit moet nie van onbetroubare bronne gekoop word nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-81-sent teen die dollar, 20-rand-67-sent teen die euro en 24-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-999-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-381-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-28-sent per vat.
# En ten slotte: Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika is deur die Top Employers Institute as die voorste werkgewer vir 2025 aangewys. Die vereniging se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, beklemtoon die organisasie se verbintenis tot uitsonderlike menslike hulpbronpraktyke en ‘n beter werkswêreld. Mavimbela sê die AA sluit aan by meer as twee-duisend-400 wêreldwye organisasies in 125 lande en is goedgekeur deur ‘n streng Human Resource Best Practices-opname. Sy beklemtoon hierdie erkenning vier mense-eerste strategieë, werkplekwelstand en bestendige toewyding aan werknemersgroei in ‘n vinnig veranderende wêreld:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….