Nuus 16:00
BULLETIN 9 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister McKenzie versnel die repatriasie van voorouers en bannelinge
# Die DA sê onderwysertekorte beroof Gautengse leerders van tegnologie-vaardighede
# En Amerikaanse immigrasie-versetoptrede versprei na San Francisco
# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die repatriasie van die oorskot van anti-apartheidshelde en inheemse Khoi- en San-voorouers is die sleutel tot die regstelling van geskiedkundige ongeregtighede. Hy het die herbegrafnisse van die oorskot van 58 Khoi- en San-mense genoem, terwyl gesprekke met die Universiteit van Glasgow voortduur om meer Khoi- en San-oorskot uit Skotland terug te besorg. McKenzie het die publiek versoek om te help met inligting om diegene wat in ballingskap gesterf het, te identifiseer:
# Die DA in Gauteng sê leerders word die geleentheid ontsê om Kodering en Robotika, Rekenaartoepassingstegnologie en Inligtingstegnologie te leer weens ‘n reuse-tekort aan onderwysers. Michael Waters van die DA sê volgens die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, is daar ‘n tekort aan 300 Kodering- en Robotika-onderwysers, 36 onderwysers vir Inligtingstegnologie en 35 vir Rekenaartoepassingstegnologie:
# Sowat 60 mense is in San Francisco aangekeer nadat betogers in die Amerikaanse stad vergader het om teen president Donald Trump se immigrasie-klopjagte te betoog. Volgens die polisie in die stad in die noorde van Kalifornië is die betogers in hegtenis geneem omdat dit ‘n onwettige byeenkoms was. Die versetoptrede volg op betogings oor immigrasie-klopjagte in die middestad van Los Angeles. Volgens die owerhede is onwettige migrante en bendelede aangekeer.
# Sokker: Mamelodi Sundowns is op pad na Amerika vir die Klub-Wêreldbekertoernooi wat die 15de van die maand begin. Die span speel in Groep F teen Dortmund, Fluminense en Ulsan en skop die 18de af teen Ulsan. Die span het wel die eindstryd van die CAF Kampioeneliga teen Pyramids verloor, maar hoofafrigter, Steve Komphela, sê die span is verfris na ‘n kort ruskansie en is opgewonde vir die uitdaging wat voorlê:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-73-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 24-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 107-duisend-654-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-315-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-59-sent per vat.
# En laastens, navorsing in Brittanje toon die oseaan word donkerder weens klimaatsverandering, wat see-ekostelsels bedreig. Minder sonlig bereik die fotiese sone en beïnvloed seegras en plantaardige plankton wat noodsaaklik is vir seelewe en koolstofopname. Besoedeling en veranderde seestrome is die belangrikste oorsake. Kenners sê meer as 20-persent van oseane word geraak en spesies moet nou meeding. Volgens wetenskaplikes beperk die verskuiwing ook die oseaan se vermoë om koolstofdioksied op te neem.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….