Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Januarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Israelse president beskryf die volksmoord-aanklagte as absurd en ongegrond
# Ramokgopa sê Koeberg se Eenheid een is op volle sterkte
# En, krieket: Nuweland se kolfblad word beskryf as ‘onbevredigend’
# Die president van Israel, Isaac Herzog, veroordeel die hofsaak in die Internasionale Geregshof waarin Israel beskuldig word van volksmoord tydens sy Gaza-aanslag. Hy beskou die aanspraak as afgryslik en verregaande. Die aanslag het gevolg nadat Hamas die land aangeval het en dit het gelei tot ‘n humanitêre katastrofe, terwyl Israel Hamas daarvan beskuldig dat hy teen burgerlikes optree. Die saak is deur die Suid-Afrikaanse regering aanhangig gemaak. Herzog beskuldig Suid-Afrika van skynheiligheid en verwys na Israel se verbintenis tot selfverdediging ingevolge internasionale humanitêre reg:
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad se Eenheid Een is op volle sterkte nadat hy sy verwerpingstoets geslaag het, en sal vir die volgende 20-jaar elektrisiteit opwek. Ramokgopa het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die instelling van die Energie-aksieplan. Die eenheid is in November suksesvol met die netwerk geïntegreer nadat langtermyn instandhouding en die vervanging van stoomopwekkers gedoen is. Ramokgopa sê Suid-Afrika se enigste kernkragstasie het ‘n vermoë van een-duisend-860 megawatt, ongeveer vyf-persent van die elektrisiteit wat Eskom opwek:
# Dit sal ʼn half-miljard-rand kos om die gewilde Shelly Point Hotel en Spa by St Helenabaai aan die Weskus te herbou nadat dit ʼn week gelede deur ʼn brand in puin gelê is. Die hoofaandeelhouer van die Lone Bull-groep wat die eiendom besit, Gert Joubert, sê hulle het nog nie besluit of dit wel herbou gaan word nie. Hy sê dit sal onmoontlik wees om die 30 modelskepe en die Persiese matte in elke kamer te vervang. Joubert sê hulle staan die 130 werknemers by om ander werk te kry.
# Woolworths Food het sy kliënte verseker beide kontant- en kaartbetalings sal steeds aanvaar word, ondanks die onlangse aankondiging deur W Café. Dié filiaal van Woolworths het verklaar hy gaan vanaf volgende week nie meer kontantbetalings aanvaar nie, met verwysing na veiligheidskwessies vir kliënte en personeel. Die moedermaatskappy, Woolworths Food, het dit egter duidelik gemaak hierdie beleidsverandering is spesifiek op die kafee van toepassing en nie op die breër Woolworths Food se winkels nie.
# Krieket: Die Internasionale Krieketraad beskryf die kolfblad vir die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië op Nuweland in Kaapstad as “onbevredigend”. Die kragmeting het minder as twee dae geduur. Die wedstrydskeidsregter, Chris Broad, het sy verslag ingedien nadat hy met die kapteins, Dean Elgar en Rohit Sharma, oorleg gepleeg het en albei van mening was die kolfblad was nie op standaard nie. Die stadion is een strafpunt toegeken. Strafpunte bly aktief vir ʼn aaneenlopende tydperk van vyf jaar en indien ʼn veld ses strafpunte kry, sal dit geskors word en mag vir 12 maande geen internasionale krieket aanbied nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-746-dollar-38-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-35-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-83-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….