Nuus 16:00
BULLETIN 22 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Presidensie verduidelik Mcebisi Jonas se Amerikaanse reis-status
# GOOD-party sê die verhouding tussen AfriForum en die DA is kommerwekkend
# En sokker: Kaptein Fernandes bied aan om Manchester United te verlaat sodat die klub kan herbou
# Die Presidensie het onlangse kommentaar oor die spesiale gesant na Amerika, Mcebisi Jonas, verduidelik en bevestig hy besit ‘n geldige Amerikaanse visum. Die woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Jonas het bygedra tot die beplanning voor president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, wat oorsese raadpleging insluit. Magwenya sê aanvanklike misverstande oor prosedures is reggestel en geen kommer is oor sy beroepspligte geopper nie. Hy bevestig ook Jonas se afwesigheid van Washington gister was op persoonlike versoek.
Die GOOD-party sê intussen die verhouding tussen AfriForum en die DA is kommerwekkend, aangesien die een verantwoordelik was vir die afkraking van Suid-Afrika se integriteit in Amerika terwyl die ander deel is van die regering van nasionale eenheid. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê AfriForum het regstappe teen die Tshwane-metro ingestel oor nuwe heffings, maar nog nie ‘n woord gerep oor ingrypende nuwe skoonmaaktariewe wat in die voorgestelde begroting van Kaapstad vervat is nie:
# Wes-Kaapse skole gaan volgende Vrydag begin om plasings-aanbiedings aan ouers te stuur vir aanvaarding vir Graad 1- en 8-leerders vir volgende jaar. Ouers moet aanvaarding teen 17 Junie op die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se webwerf bevestig om vertragings te voorkom. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, dring aan dat ouers en voogde moet verseker dat hul kontakinligting bygewerk is aangesien verouderde besonderhede daartoe kan lei dat aanbiedings nie ontvang word nie:
# Eerste minister Benjamin Netanyahu het verhoogde sekerheidsmaatreëls ingestel by Israelse diplomatieke sendings wêreldwyd nadat ‘n gewapende man wat “free Palestine” geskree het, twee ambassadepersoneellede voor ‘n Joodse museum in Washington doodgeskiet het. Die minister van Buitelandse Sake, Gideon Saar, het die moorde toegeskryf aan ‘n vlaag anti-Semitiese en anti-Israelse aanhitsing en sê Europese regerings moet ook die skuld kry. Netanyahu het bevele uitgereik om sekerheidsmaatreëls by Israelse sendings wêreldwyd te verbeter en die beskerming van staatsverteenwoordigers te verhoog.
# Sokker: Kaptein Bruno Fernandes het aangebied om Manchester United te verlaat as die klub die geld nodig het om te herbou na die teleurstellende nederlaag in die Europaliga-eindstryd teen Tottenham. United het gisteraand 1-0 verloor in Bilbao, Spanje, om ‘n reeds ellendige seisoen te vererger. Hoofafrigter Ruben Amorim het gesê as die klub hom nie meer wil hê nie, sal hy bedank sonder enige gesprekke oor vergoeding. Sy kaptein het nou dieselfde roete gevolg. Fernandes verstaan United moet sy spelersgroep hersien te midde van finansiële beperkings.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-2-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 24-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 110-duisend-919-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-307-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….