Nuus 16:00
BULLETIN 19 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BLSA hoop die begroting balanseer fiskale vooruitgang en ondersteun groei
# Eskom gaan satelliete ontplooi om ongeregistreerde sonpaneelstelsels op te spoor
# En tennis: Paolini en Gauff verbeter hulle posisies op die wêreldranglys na hulle die eindstryd in Rome haal
# Business Leadership South Africa sê dringende hervorming en ‘n geloofwaardige begroting is nodig om die sukkelende ekonomie te red. Uitvoerende hoof Busi Mavuso sê in haar weeklikse nuusbrief in dié week se hersiene begroting moet uitgawes gebalanseer word sonder verdere skuld. Mavuso waarsku belastinginkomste is minder en die regering moet minder noodsaaklike programme besnoei om kerndienste te beskerm. Sy verwelkom die graderingsagentskap Standard and Poor se positiewe voorspelling vir Suid-Afrika, maar sê voortgesette hervormings is die sleutel tot beleggersvertroue.
# Die vakbond Giwusa vra die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om rentekoerse ingrypend te verlaag na 3,5-persent. Die vakbond se leier, Mametlwe Sebei, sê dit sal help om die afname in vervaardigingsbedrywighede en toenemende werkloosheid teen te werk. Hy sê die georganiseerde werkersklas moet die sentrale bank dwing om rentekoerse te verlaag:
# Eskom het planne aangekondig om satelliete te gebruik om ongeregistreerde sonpaneelinstallasies reg oor Suid-Afrika te identifiseer. Die stap volg na kommer oor die uitwerking van ongeregistreerde stelsels op die nasionale elektrisiteits-infrastruktuur. Die projek het ten doel om nakoming van regulasies te verseker wat vereis dat alle sonpanele wat aan die netwerk gekoppel is, geregistreer moet word, selfs al voer hulle nie kra terug na die netwerk nie. Die kragvoorsiener sê deur gebruik te maak van satelliet-tegnologie beoog hy om sy registrasieveldtog te versterk om netwerk-bestendigheid te handhaaf.
# Tennis: Die Italianer Jasmine Paolini en Coco Gauff van Amerika het albei hul posisies op die wêreldranglys verbeter ná hulle die eindstryd van die Italiaanse Ope gehaal het. Paolini is nou vierde nadat sy die eerste plaaslike vroue-kampioen in 40 jaar geword het, terwyl Gauff nou tweede is na Aryna Sabalenka van Belarus. Die Amerikaner Jessica Pegula het na die derde plek opgeskuif, en die voormalige nommer-een, Iga Swiatek van Pole, het van tweede na vyfde teruggesak.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-4-sent teen die dollar, 20-rand-33-sent teen die euro en 24-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-471-dollars. Die prys van goud is drie-duisend-240-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 64-dollar-50-sent per vat.
# En laastens, ‘n nuwe gereedheidstudie vir kunsmatige intelligensie het gewys 90-persent van ondernemings in Afrika word negatief geraak word omdat hulle dit nie ten volle gebruik nie. Die probleme sluit vertraging van projekte en verbeurde groeigeleenthede in. Die studie wys ook dat 60-persent van maatskappye KI-vaardighede beskou as belangrik vir sukses in die komende jaar. Die sagteware-maatskappy SAP se woordvoerder, Nazia Pillay, beklemtoon ‘n aansienlike gaping bestaan met 85-persent wat voorkeur gee aan spesialis-ontwikkeling teenoor 83-persent wat op algemene KI-vaardighede konsentreer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….