Nuus 16:00
BULLETIN 14 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# EFF sê Afrikaners se hervestiging in Amerika tas Suid-Afrika se morele status aan
# GOOD sê inwoners van die Kaapse Vlakte voldoen aan alles vir Amerikaanse vlugtelingstatus behalwe hulle velkleur
# En gholf: Spieth wil McIlroy nadoen en ook ‘n loopbaan-Grand Slam behaal
# Die EFF kritiseer Amerika wat 49 Afrikaners as vlugtelinge hervestig het en beweer dis om Suid-Afrika se morele status aan te tas. Hy sê dit stel wit Suid-Afrikaners voor as slagoffers van rassediskriminasie en bring die land se hervormingsplanne en vordering na apartheid in gedrang. Die regering het vroeër gesê berigte dat Afrikaners vervolg word is ongegrond en polities gemotiveer.
Die GOOD-party sê intussen talle inwoners van die bendegeteisterde Kaapse Vlakte behoort te kwalifiseer om deur Amerika oorweeg te word as potensiële vlugtelinge. Die party sê die enigste rede waarom dit nie gebeur nie, is hul velkleur. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê volgens amptelike misdaadstatistieke vir die laaste kwartaal verlede jaar, is daar slegs een moord op ‘n wit boer aangeteken. Hy sê dit is die sogenaamde volksmoord waarvoor die Trump-administrasie oënskynlik geval het en wat AfriForum verkondig:
# Suid-Afrika bied die eerste keer die konferensie van die Internasionale Forum van Terreur-risikoversekeringsgroepe aan. Die byeenkoms in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum is gereël deur die Suid-Afrikaanse Spesiale Risikoversekeringsvereniging, Sasria. Dit bring 12 lande saam om globale risiko-veerkragtigheid te bespreek. Sasria se uitvoerende hoof, Mpumelelo Tyikwe, sê dit sluit uitdagings soos geopolitieke veranderings, kuberbedreigings en klimaatsverandering in:
# Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, is in Berlyn, Duitsland, waar sy die Verenigde Nasies se ministeriële vergadering oor vredesbewaring bywoon. Die hoëvlakforum bring ministers van Verdediging van reg oor die wêreld bymekaar om die versterking van vredesmandate te bespreek en steun vir toekomstige vredesoperasies te verseker. Die ministerie se woordvoerder, Onicca Kwakwa, sê Motshekga sal ook met haar ampsgenote, insluitend Duitsland se minister van Verdediging, Boris Pistorius, gesels oor bilaterale kwessies:
# Gholf: Jordan Spieth probeer hierdie week in die PGA-toernooi die negende keer om ’n loopbaan-Grand Slam te voltooi. Hy put inspirasie uit Rory McIlroy wat onlangs dié prestasie behaal het. Spieth het in 2022 laas ‘n toernooi gewen het. Hy het in Augustus verlede jaar ‘n gewrigs-operasie ondergaan en glo hy het dié week ‘n kans by Quail Hollow, net soos McIlroy verlede maand in die Meesters gedoen het om die sesde speler te word wat al vier major-toernooie wen. Spieth sê dit was inspirerend om te aanskou.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 20-rand-50-sent teen die euro en 24-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-917-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-215-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 65-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….