Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 8 Januarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA-leier wil ‘n korrupsiesaak aanhangig maak teen minister Nzimande
# Tabakvereniging onder druk om skelm sigaretvervaardigers in sy geledere te openbaar
# En, Macron wil hê Franse moet aktief wees in hierdie Olimpiese jaar
# DA-leier John Steenhuisen het president Cyril Ramaphosa beskuldig van lafhartigheid omdat hy misluk om die land se uitdagings te pak. Steenhuisen se opmerking volg op die vrystelling van beweerde opnames wat die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande en die raadsvoorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Ernest Khosa, betrek by omkopery. Steenhuisen beskou die bewerings as ernstig en vra Ramaphosa om beslissend op te tree teen kaders wat van korrupsie beskuldig word:
# Tax Justice South Africa raai die Fair-Trade Independent Tobacco Association aan om die name bekend te maak van lede wat uitgeskop is omdat hulle reëls verbreek het, en om enige bedrieglike optrede by die owerhede aan te meld. Dit volg nadat FITA (FIE-ta) misluk het om te voorkom kringtelevisiekameras word in tabakfabrieke aangebring. Die organisasie se stigter, Yusuf Abramjee, beskuldig die organisasie daarvan dat hy die wet manipuleer en vra ‘n omvattende ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Abramjee is oortuig sigaretvervaardigers wat nie voldoen nie, kos Suid-Afrika jaarliks 27-miljard-rand aan verlore belastinginkomste.
# AfriForum eis dat die Regspraktykraad weer ‘n Afrikaanse toelatingseksamen vir prokureurs instel. Dit volg op die raad se onlangse besluit om die eksamen eksklusief in Engels af te neem, wat kommer veroorsaak onder Afrikaanssprekende regslui. Alana Bailey van AfriForum bevraagteken die raad se redenasie, en sê die stap ontneem mense hulle taalregte en kom neer op ‘n aanval op die Afrikaanse taal. Volgens Bailey is AfriForum bereid om verdere optrede in te stel as die raad nie positief reageer nie:
# President Emmanuel Macron moedig die Franse aan om elke dag te begin oefen terwyl Parys voorberei om die Olimpiese en Paralimpiese Spele aan te bied. Hy het ʼn videosnit van homself geplaas op X, voorheen Twitter. In ʼn T-hemp, bokshandskoene oor sy skouer en met ʼn slaansak in die agtergrond moedig die president sy landgenote aan om elke dag minstens 30 minute lank te oefen. Met 200 dae wat oorbly voor die Spele op 26 Julie begin, sê Macron die regering bevorder vanjaar sport. Dit sluit in die bevordering van liggaamlike opvoeding in skole.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-73-sent teen die dollar, 20-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 44-duisend-849-dollar-45-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-20-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-63-sent per vat.
# Ten slotte: ‘n Onlangse studie in die vaktydskrif, Nature Ecology and Evolution, het onthul dalende bevolkings onder roofdiere het ʼn aaneenskakelende uitwerking op hulle prooi en dit ontwrig die funksionering van die ekostelsel. Die skrywer van die studie, Phil Shaw, benadruk die verlies van groot roofvoëls, soos aasvoëls, het beduidende gevolge vir prooibevolkings en algemene biodiversiteit. Hy benadruk die langtermyn uitwerking op die omgewing en die gesondheid van die mens, aangesien aasdiere ʼn sleutelrol speel om die verspreiding van siektes te voorkom. Shaw is ten gunste daarvan om die beskermende gebiedsnetwerke te versterk en om die uitdagings ten opsigte van biodiversiteit aan te spreek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….