Nuus 16:00
BULLETIN 7 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Ministerie van Polisie sal die begrafnisse van drie konstabels bywoon wat in die Hennopsrivier dood is
# China beloof om geregtigheid te verdedig in handelsgesprekke met Amerika in Switserland
# En die kroningsportrette van Charles en Camilla word onthul
# Die Ministerie van Polisie sal die amptelike begrafnisse van die Vrystaatse konstabels Boipelo Senoge, Cebekhulu Linda en Keamogetswe Buys bywoon wie se liggame verlede week in die Hennopsrivier in Centurion gevind is. Senoge se begrafnis vind môre plaas in die St Peter Anglikaanse Kerk in Mangaung, terwyl Linda s’n Vrydag in die St Rose Katolieke Kerk gehou word, en Buys s’n Saterdag in die Grasslands-gemeenskapsaal in Bloemfontein. ’n Gesamentlike gedenkdiens is gister in Bloemfontein gehou om hul diens en opoffering te eer.
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het openbare hulp gevra met die soektog na die vermiste joernalis Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Hulle het op 18 Februarie verdwyn nadat hulle hul huis in Mpumalanga verlaat het. Die polisie het die saak herklassifiseer as ontvoering en kaping en die verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die Landdroshof in KwaMhlanga verskyn. Masemola sê samewerking van die gemeenskap is van kardinale belang in die saak:
# China het beloof om geregtigheid te verdedig tydens die komende handelsgesprekke met Amerika. Dit is die eerste ontmoeting sedert die Amerikaanse president, Donald Trump, omvattende tariewe aangekondig het wat wêreldmarkte geskud het. Hy het sedert sy terugkeer na die Withuis in Januarie tariewe van altesaam 145-persent op goedere uit China ingestel. Beijing het op sy beurt gereageer met invoerheffings van 125-persent op Amerikaanse produkte. Die minister van die Tesourie, Scott Bessent en die Amerikaanse handelsverteenwoordiger Jamieson Greer sal namens hulle land deelneem aan die gesprekke in Switserland.
# Atletiek: Span Suid-Afrika is vol vertroue voor die naweek se Wêreldatletiek-aflosbyeenkoms in Guangzhou, China. Atletiek SA het 19 top-naellopers gekies en plaas veral klem op die oorgee en wedloopstrategieë met die buiging van ’n volledige vroue-aflosspan wat geskiedenis wil maak. Kapteins Zeney Geldenhuys en Zakithi Nene sê die span is gereed om vir die Wêreldkampioenskap in Tokio te kwalifiseer. Die 25 spanlede vertrek vanmiddag na China.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-29-sent teen die dollar, 20-rand-78-sent teen die euro en 24-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-66-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-389-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 62-dollar-34-sent per vat.
# En laastens, portretskilderye van koning Charles en koningin Camilla is onthul nadat dit geskep is om hulle kroning in 2023 te gedenk. Die twee vollengte skilderye van die koningspaar is onderskeidelik deur die kunstenaars Peter Kufeld en Paul Benny geskep. Dit sal tot 5 Junie in die Nasionale Gallery te sien wees waarna dit na Buckingham-paleis se troonkamer verskuif sal word. Benny sê dit het twee jaar geneem om die portrette te skilder:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….