Nuus 16:00
BULLETIN 10 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Grensbestuursowerheid skets sy Paasfeesplan om grensposte te beveilig en opeenhoping te verlig
# ‘n Agtjarige seun van Soweto is in die hospitaal na hy vermoedelik vergiftigde lekkergoed geëet het
# En gholf: Player, Nicklaus en Watson slaan die eerste bofhoue van 2025 se Meesterstoernooi
# Die Grensbestuursowerheid het sy omvattende bedryfsplan vir Paasfees uiteengesit wat fokus op die beveiliging van grensposte en die verligting van opeenhopings. Die plan sluit in uitgebreide werksure by sleutelgrensposte, die ontplooiing van bykomende personeel en die gebruik van hommeltuie vir monitering. Kommissaris Michael Masiapato sê grensposte soos Groblersbrug in Limpopo en Kopfontein in Noordwes sal gedurende spitstye 24-uur per dag oop wees om die verhoogde beweging van mense en goedere te bestuur:
# # Transnet se Nasionale Hawe-owerheid het ‘n opgradering van 60-miljoen-rand van die motor-beslagterrein by die hawe van Oos-Londen voltooi. Uitvoerende hoof Phyllis Difeto sê die projek het die hawe verdiep en versterk, wat nou twee voertuigvragskepe van 20-meter gelyktydig kan laat vasmeer. Met die vergrote vermoë van 790-duisend voertuie per jaar, versterk die hawe sy rol as ‘n kern-punt vir die breër motorbedryf. Difeto sê die opgradering verbeter doeltreffendheid en is in ooreenstemming met nasionale infrastruktuurdoelwitte.
# Die Stad Johannesburg sê ‘n agtjarige seuntjie van Mapetla in Soweto is in die waakeenheid opgeneem nadat hy vermoedelik vergiftigde versnaperinge uit ‘n spaza-winkel geëet het. Die stad se Departement van Omgewingsgesondheid is ingelig dat Omphile Molobela Saterdag ‘n mielie-peuselhappie gekoop het. Woordvoerder, Virgil James, sê die seun het die versnaperinge saam met sy drie sibbe by die huis gedeel. Hy sê nadat hy naar geword het, is hy na die Chiawelo-kliniek geneem en later na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal oorgeplaas:
# Gholf: Die voormalige kampioene, Gary Player van Suid-Afrika en die Amerikaners Jack Nicklaus en Tom Watson, het seremoniële bofhoue gespeel om die 89ste Meesterstoernooi te open. Die legendariese drietal was op die eerste bof op Augusta in die vroeë oggend voordat die jaar se eerste major-toernooi begin het. Vyf-en-neëntig spelers jaag die groen baadjie na wat die Meesters se oppergesag simboliseer. Charl Schwartzel, Christiaan Bezuidenhout en Thriston Lawrence is die Suid-Afrikaners in die toernooi.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-38-sent teen die dollar, 21-rand-51-sent teen die euro en 25-rand-5-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-742-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-125-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 63-dollar-49-sent per vat.
# En ten slotte: Die Amerikaanse basketbal-ikoon LeBron James is die eerste beroeps-mansatleet wat deur die speelgoedmaatskappy Mattel as ‘n Ken-pop verewig is. Hierdie spesiale uitgawe wat in vennootskap met die LeBron James-familiestigting vervaardig is, vang die speler van Los Angeles Lakers se unieke klerestyl vas en is selfs langer as die standaard Ken-pop. James sê dit is ’n geleentheid om die invloed te erken van rolmodelle wat selfvertroue inboesem, drome inspireer en aan kinders wys dat hulle ook groot dinge kan bereik.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….