Nuus 16:00
BULLETIN 9 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Inspeksiegebreke en beroepsgesondheids-oortredings word ontbloot na die ineenstorting van ‘n gebou in George
# BOSA moedig paneel aan om aanspreeklikheid met nuwe kiesstelsel vir 2029 aan te neem
# En sokker: FIFA gaan 19-miljoen-rand aan elke gasheerstad van vanjaar se Klub-Wêreldbekertoernooi skenk vir die bou van mini-velde
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het beduidende tekortkominge onthul in die inspeksiemodel wat deur die Nasionale Huisbouersreguleringsraad gebruik is tydens bouwerk aan ‘n gebou in George wat ‘n jaar gelede ingetuimel het. Die eerste inspeksie het agt dae na registrasie plaasgevind, wat die vereiste gleuf van vyf-dae oorskry het. Simelane het ook verskeie beroepsgesondheids- en veiligheidsoortredings opgemerk, insluitend onduidelike nakomingsriglyne, wat die projek se regulatoriese toesig en veiligheidstandaarde in gedrang gebring het:
# Build One South Africa vra die Verkiesingshervormings-raadplegingspaneel om ‘n kiesafdelingsgebaseerde kiesstelsel aan te neem en vra die president moet regstreeks verkies word in 2029 se verkiesing. Die party het op ‘n tweedaagse konferensie in Johannesburg sy voorstel herhaal vir ‘n gemengde kiesafdelingsgebaseerde stelsel met oop kandidaatlyste en vasgestelde grense, om regstreekse aanspreeklikheid tussen kiesers en amptenare te verseker. Roger Solomons van BOSA vra formele koalisie-ooreenkomste om bestendigheid en aanspreeklikheid in die regering te bevorder.
# President Cyril Ramaphosa sê vroue-regters speel ‘n sleutelrol in die ontwikkeling van ‘n regverdige en gelyke regstelsel. Hy het opy die Kaapstadse konferensie van die Internasionale Vereniging van Vroueregters gesê dat vroue op die regbank help om die hofkultuur te verander, veral in sake van geslagsgeweld en vrouemoord. Ramaphosa het die vordering verwelkom dat byna die helfte van die mees senior regters nou vroue is, insluitend hoofregter Mandisa Maya, wat die Konstitusionele Hof lei:
# Die aantal rysproduserende lande word al hoe minder en kenners waarsku dat klimaatsontwrigting toekomstige wêreldvoorraad kan bedreig. Dit volg te midde van berigte dat Maleisiese rysproduksie van 71-persent to 56-persent gedaal het weens klimaatsverandering. Dit dwing die land om meer rys van Kambodja, Viëtnam en Thailand in te voer. Maleisië verbruik meer as 2,7-miljoen ton rys per jaar, waarvan sowat 30-persent op die oomblik van Kambodja kom. Kundiges sê Maleisië ondersoek tans klimaatveerkragtige ryssoorte, maar langtermyn-oplossings word dringend benodig.
# Sokker: FIFA sal 19-miljoen-rand aan elke gasheerstad van vanjaar se Klub-Wêreldbekertoernooi skenk vir die bou van mini-velde. Dit maak deel uit van FIFA se nalatenskapsplan vir die uitgebreide toernooi met prysgeld van 19,6-miljard-rand, insluitend twee-miljard-rand vir die wenner. Die toernooi met 32 spanne begin op 15 Junie in 12 stadions in Amerika. FIFA se president, Gianni Infantino, het in Charlotte die geskiedkundige betekenis van die toernooi beklemtoon:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-74-sent teen die dollar, 21-rand-81-sent teen die euro en 25-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-513-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-64-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 59-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….