Nuus 16:00
BULLETIN 31 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Hlabisa kondig 1,4-miljard-rand se hulppakket aan vir rampherstel in vyf provinsies
# BOSA se leier lei die stryd teen ‘n BTW-verhoging
# En tennis: Die kampioen van Miami skiet 30 plekke op op die jongste wêreldranglys
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het 1,4-miljard-rand aan ramphulpfondse toegewys om vyf provinsies te help wat onlangs deur rampe getref is. Die geld sal aangewend word om infrastruktuur en basiese dienste te herstel in die Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga, die Vrystaat en KwaZulu-Natal, en plaaslike ekonomieë te help. Hlabisa het op ‘n nuuskonferensie gesê die geld sal ook help om skole, klinieke en paaie te herstel en herstelpogings in die betrokke gemeenskappe ‘n hupstoot te gee:
# Build One South Africa het die regering van nasionale eenheid daarvan beskuldig dat hy werkende gesinne teiken met hoër belasting in die voorgestelde begroting. Partyleier Mmusi Maimane, wat ook voorsitter van die Parlement se Toewysingskomitee is, het ‘n landwye versoekskrif begin om die verhoging te stop, en het die Parlement aangemoedig om klem te plaas op die vermindering van onnodige kostes. Roger Solomons van BOSA sê Maimane lei die teenstand teen die voorgestelde BTW-verhoging en noem dit ‘n onregverdige las op sukkelende burgers.
# ‘n Florerende swartmark vir onwettige medisyne het in Johannesburg ontstaan, hoofsaaklik vir immigrante wat sukkel om toegang tot gesondheidsorg te kry. Ground Up berig gesmokkelde medisyne soos antibiotika en voorbehoedmiddels word sonder voorskrif verkoop en omseil die Suid-Afrikaanse Regulerende Owerheid vir Gesondheidsprodukte. Die informele handel wek kommer oor openbare gesondheid omdat die verkeerde gebruik van medisyne tot newe-effekte en nagemaakte middels kan lei. SAHPRA, in samewerking met wetstoepassing, hanteer die kwessie.
# Tennis: Die jong Tsjeg Jakub Mensik het 30 posisies op die jongste wêreldranglys gestyg nadat hy gister die Miami Ope gewen het. Die 19-jarige het die 24-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic van Serwië in skoon stelle verras, en die 38-jarige daarvan weerhou om sy 100ste beroepstitel te buit. Mensik is nou 24ste. Die geskorste Italianer Jannik Sinner bly bo-aan die ranglys, al kon hy die afgelope twee maande nie speel nie. Alexander Zverev van Duitsland is tweede, gevolg deur die Spanjaard Carlos Alcaraz, die Amerikaner Taylor Fritz en Djokovic.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-37-sent teen die dollar, 19-rand-87-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-483-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-122-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-71-sent per vat.
# En laastens, die ontslape anti-apartheidsaktivis Aziz Pahad se weduwee, Angina, het Suid-Afrikaners vereer wat geveg het vir vryheid en hul humanitêre pogings geloof. Sy het tydens die eerste Aziz Pahad-Vredes-, Sekerheids- en Menseregte-dialoog in Pretoria haar man se toewyding tot die mentorskap van toekomstige diplomate en sy teenkanting teen Donald Trump se beleid van Amerika Eerste beklemtoon. Sy waarsku hierdie beleid is ‘n bedreiging vir globale bestendigheid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….