Nuus 16:00
BULLETIN 19 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA beskuldig Gauteng se premier dat hy die provinsie se gesondheidskrisis ignoreer
# Tencent se wins styg met 90-persent in die vierde kwartaal van 2024
# En rugby: Die Bulle sal Leinster nie onderskat nie as speel hy ook met ‘n onervare span
# Die DA sê Gauteng se gesondheidsbegroting, wat met net 3,7 persent verhoog is, slaag nie daarin om kritieke probleme teen te werk soos die vier-miljard-rand in onbetaalde skuld, vakante poste en die agteruitgang in die toestand van hospitale nie. Jack Bloom van die DA beskuldig die provinsiale regering dat hy fondse wat vir gesondheid bedoel is, hertoewys. Bloom versoek dat premier Panyaza Lesufi ernstig moet ingryp om die provinsie se gesondheidsuitdagings aan te pak:
# BOSA sê politieke aanstellings in die regering moet verbied word om burgers te beskerm teen onbevoegde leierskap. Die party se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, voer aan die Wetsontwerp op die Staatsdienskommissie doen nie genoeg om kaderontplooiing te voorkom nie. Sy glo die beëindiging van politieke aanstellings is die sleutel tot die verbetering van dienslewering en versoek die regering om skuiwergate wat die vordering kan ondermyn, uit die weg te ruim:
# Die Chinese internet- en speletjie-reus Tencent het aangekondig dat sy wins in die vierde kwartaal van 2024 met 90-persent gestyg het terwyl die maatskappy sy planne met kunsmatige intelligensie versnel. Die bekendmaking van kwartaal- en jaarsyfers vir die Shenzhen-gebaseerde Tencent volg na weke van stewige beleggersvertroue in Chinese tegnologie en spesifiek in kunsmatige intelligensie. Tencent se aandeelprys het tot sy hoogste vlak in byna vier jaar opgeskiet terwyl Chinese tegnologiemaatskappye ‘n golf van beleggersvertroue ry. Die Suid-Afrikaanse multi-nasionale maatskappy Naspers het ‘n belang in Tencent deur sy filiaal, Prosus.
# Rugby: Die Bulle sal Leinster nie onderskat in Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd nie, selfs as die besoekers ‘n onervare span aankondig. Die Ierse klub, wat tans boaan die VRK-punteleer is, het nog nie hul toergroep bekendgemaak nie, nadat 16 van hulle spelers die afgelope naweek vir Ierland gespeel het in die Sesnasies-wedstryd teen Italië. Die Bulle se losvoorspeler, Nizaam Carr, sê hulle berei voor asof hulle teen Ierland speel, aangesien enige span wat deur die gewese Springbok-breier Jacques Nienaber afgerig word, altyd gerespekteer moet word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-78-sent teen die euro en 23-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-814-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-en-39-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-10-sent per vat.
# En laastens, Kaapstad se brandbestryders gaan weer aan die Twee Oseane-halfmarathon deelneem om broodnodige fondse vir die Vrywillige Veldbranddienste in te samel. Die brandbestryders word gelei deur Jermaine Carelse en Renaldo Duncan en die voormalige Springbok-haker, James Dalton, sluit by hulle aan vir die wedloop oor 21,1-kilometer. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die Vrywillige Veldbranddienste beskerm Kaapstad teen vernietigende veldbrande:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….