Nuus 16:00
BULLETIN 17 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa beloof diplomatieke betrokkenheid met Amerika oor die Ebrahim Rasool-kwessie
# Die EFF wil hê die voorgestelde Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika moet die land verbied word
# En krieket: Annerie Dercksen beklink haar eerste nasionale kontrak
# President Cyril Ramaphosa sê die regering sal ‘n nuwe gesant na Washington stuur nadat die ambassadeur, Ebrahim Rasool, uit die land gesit is. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het Rasool daarvan beskuldig dat hy ‘n rasgedrewe politikus is wat Amerika haat en het verklaar hy is nie welkom in dié land nie. Ramaphosa het aan die media gesê hy wag vir Rasool se volledige verslag en gee die versekering diplomatieke gesprekke met die VSA duur voort:
Die EFF sê intussen hy neem kennis dat die VSA besig is met die aanstelling van ‘n nuwe ambassadeur na Suid-Afrika en dat Joel Pollak een van die kandidate is. Die party sê Pollak werk vir Breitbart, wat volgens die EFF bekend is vir die verspreiding van rassistiese en xenofobiese sienings. Die party sê as Pollak aangestel word, sal hulle seker maak Ramaphosa onderteken nie nie sy geloofsbriewe nie en dat hy verbied word om Suid-Afrika binne te kom.
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie versoek ‘n behoorlike proses in die ondersoek na die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi. Die Onafhanklike Polisie-Ondersoekdirektoraat ondersoek bewerings rondom sy inmenging by die inhegtenisneming van ‘n senior amptenaar van Korrektiewe Dienste in 2023. Die amptenaar is gekoppel aan ‘n dwelmkartel in die Westville-gevangenis. Mkhwanazi moet teen Woensdag ‘n beëdigde verklaring indien. Die komitee se voorsitter, Ian Cameron, wag op die ondersoekverslag:
# Die Posbank se uitvoerende hoof, Nikki Mbengashe, het weereens herhaal dat SASSA se geel/gouekaart nie meer sal werk na Donderdag se sperdatum nie. Meer as ‘n miljoen begunstigdes het tot dusver na die swartkaart oorgeskakel. Met betrekking tot die komende sperdatum het Mbengashe gesê die uitreiking van die swartkaart sal voortgaan. Sy het bevoordeeldes verseker dat hulle steeds by Poskantore landwyd togang tot hulle toelaes sal hê:
# Krieket: Die Internasionale Krieketraad se ontluikende speler van die jaar, Annerie Dercksen, het haar eerste nasionale kontrak met Krieket Suid-Afrika losgeslaan. Die 23-jarige vervang Lara Goodall and Delmi Tucker op die lys van 15 gekontrakteerde spelers. Onder die ander spelers wat vir die 2025/’26-seisoen gekontrakteer is, is kaptein Laura Wolvaardt, Ayanda Hlubi, Sinalo Jafta, Ayabonga Khaka, Suné Luus and Anneke Bosch. Die Protea-vroue berei voor vir ‘n belangrike jaar wat sy hoogtepunt bereik met die eendag-Wêreldbekertoernooi wat in Oktober in Indië begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-13-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-195-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-993-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 71-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….