Nuus 16:00
BULLETIN 11 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Voormalige Absa-bestuurder kom voor oor sy vrou se dood
# ‘n Polisie-sersant van Mpumalanga verskyn in die hof vir die moord op haar man en sy vriendin
# En krieket: Bracewell voer Nieu-Seeland aan in hulle T20’s teen Pakistan
# ‘n Voormalige uitvoerende bestuurder van ‘n bankgroep verskyn vandag in ‘n hof in Kaapstad in verband met sy vrou se dood in 2021. Hy is by sy huis in Somerset-Wes in hegtenis geneem. Daar is aanvanklik vermoed sy het haar eie lewe geneem, maar ondersoeke het aan die lig gebring dat sy vermoor is. Die 54-jarige, wat ‘n bestuurder by Absa was, staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en regsverydeling. Hy het na bewering sy vrou verwurg en met die misdaadtoneel gepeuter om dit na selfdood te laat lyk.
# n Polisiesersant gaan môre in die Bosbokrandse Landdroshof in Mpumalanga om borgtog aansoek doen ná haar inhegtenisneming vir die moord op haar man en sy vriendin. Nyiko Nyathi is gister in hegtenis geneem by die plaaslike polisiestasie waar sy werk nadat sy haarself oorgegee het. Haar man, Lawrence Mashego, is in Februarie verlede jaar ontvoer en later vermoor, terwyl Victoria Lebyane beroof en doodgeskiet is. Woordvoerder Donald Mdhluli sê altesaam vier mense is in hegtenis geneem:
# Die Stad Kaapstad sê gemeenskappe sal veiliger wees as onwettige, gesteelde en ongeregistreerde vuurwapens van die strate verwyder word. Die metro se toepassings-agentskappe het die afgelope week 323 mense in hegtenis geneem vir verskeie oortredings. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê elke vuurwapen waarop beslag gelê word, verminder die kans op moord en poging tot moord, skietvoorvalle en die algehele misdaadkoers:
# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ‘n aanbevelingstelsel vir sakevisums bekendgestel. Dit is ‘n aanlyn platform om visumaansoeke te vereenvoudig. Die stelsel maak dit moontlik vir besoekers om ‘n aansoek in te dien, dit te monitor en opdaterings te ontvang vir eerste aansoeke, verlengings of permanente verblyfvisums. Die waarnemende adjunk-direkteur-generaal, Yunus Hoosen, het die vinniger verwerking, gerief en deursigtigheid as kernvoordele beklemtoon. Hy sê dit is in ooreenstemming met Suid-Afrika se e-regering-pogings en is daarop gemik om handel in die land te vergemaklik.
# Krieket: Michael Bracewell voer Nieu-Seeland die eerste keer tuis aan in die reeks van vyf T20s teen Pakistan. Die groep is sonder verskeie sleutelspelers wat in die Indiese Premierliga gaan speel, insluitend kaptein Mitchell Santner, Devon Conway, Lockie Ferguson en Glenn Phillips. Bracewell was een van die Swartpette se beste spelers in die onlangse Kampioenetrofee, waar hulle in die eindstryd teen Indië verloor het. Nog ses spelers van die span is ingesluit vir die T20s, wat Sondag in Christchurch begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-25-sent teen die dollar, 19-rand-91-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-571-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-911-dollar-23-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 69-dollar-85-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….