Nuus 16:00
BULLETIN 7 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom stel fase 3-beurtkrag in terwyl Koeberg se eenheid-2 vanlyn bly
# Die omstrede sakeman Sphamandla Mabonga het gesterf in vanoggend se skietgeveg in ‘n restourant in Sandton
# En Johannesburg se burgemeester verseker gereedheid vir die G20-beraad te midde van Ramaphosa se kritiek
# Eskom het aangekondig fase 3-beurtkrag is ingestel van 2-uur vanmiddag tot 5-uur Maandagoggend weens die verlies van twee-duisend-700 MegaWatt oor 14-uur. Dit volg op die onverwagte uitskakeling van Koeberg se eenheid-2 in Kaaptad, wat die hele kernkragstasie vanlyn gelaat het. Twee eenhede van Kusile in Mpumalanga word ook geraak deur steenkoolvoorsienings-probleme. Eskom hoop om teen Maandag ses-duisend-200-MegaWatt terug te plaas en die naweek noodreserwes aan te vul.
# Die omstrede sakeman Sphamandla Mabonga is dood in gisteraand se skietgeveg in die Solo-restaurant in Sandton, Johannesburg, nadat ‘n rusie uitgebreek het tussen sy lyfwagte en die restaurant se sekerheidswagte. Twee van die lyfwagte is ook dood, terwyl vier ander mense gewond is. Polisieverslae sê Mabonga het probeer om die restaurant gewapen binne te gaan toe die spanning opgevlam het. Hy is dood verklaar by die Morningside-kliniek. Mabonga is reeds ondersoek vir onder meer die aanranding van ‘n vroue-joernalis en ontwettige metodes om voertuie te koop.
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, gee die versekering dat die stad gereed sal wees om in November die G20-beraad aan te bied. Hy het die opmerkings gemaak tydens die nasionale uitvoerende gesag se tweedaagse besoek aan die Gautengse provinsiale uitvoerende raad. Dit volg ná president Cyril Ramaphosa se kritiek rakende die swak toestand van die stad en sy beskrywing daarvan as ‘n onaangename omgewing. Morero het Ramaphosa gerusgestel en sê Johannesburg sal nie teleurstel nie:
# Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê die polisie sal nie rus voordat hulle beslag gelê het op alle onwettige en ongelisensieerde vuurwapens op die Kaapse Vlakte en omliggende gebiede nie. Hy sê die Wes-Kaapse teen-bende-eenheid en misdaad-intelligensie het die afgelope week inligting opgevolg en 26 onwettige en ongelisensieerde vuurwapens afgeneem in Bellville-Suid en Stikland:
# Krieket: Kanada se gewese kaptein, John Davison, is aangestel as afrigter van Italië se T20-span om hulle te help kwalifiseer vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Indië en Sri Lanka. Die kaptein is die voormalige Australiese aanvangskolwer, Joe Burns. Italië, die gasheer Nederland, Skotland, Guernsey en Jersey neem in Junie deel aan die Europese streeks-eindronde, met die top-twee lande wat kwalifiseer vir die Wêreldbeker. Davison sê hy sien uit om die opwinding van kwalifikasie te herhaal met ‘n uiteenlopende en toegewyde groep spelers en personeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-65-sent teen die euro en 23-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-144-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-918-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 70-dollar-14-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….