Nuus 16:00
BULLETIN 25 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa is verbind tot verandering in landelike armoede, klimaatsverandering en infrastruktuur-uitdagings
# Die Pluimvee-meesterplan oorskry beleggingsteikens en behou werksgeleenthede
# En gholf: Die Stad Johannesburg is gereed om elite spelers van regoor die wêreld te ontvang
# President Cyril Ramaphosa het hom daartoe verbind om landelike armoede, klimaatsverandering en infrastruktuuruitdagings aan te pak. Hy het in sy toespraak aan die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers die uitwerking van die onlangse oorstromings in KwaZulu-Natal uitgelig en tradisionele leiers aangemoedig om rampbestuurpogings te ondersteun. Ramaphosa is ook verbind tot die verbetering van landelike infrastruktuur en te verseker gemeenskappe trek voordeel uit ekonomiese ontwikkelingsprojekte:
# Fase een van die regering se Pluimvee-meesterplan het bygedra dat 52-duisend-930 werksgeleenthede behou word en beleggingsteikens oorskry. Die plan se doelwitte is om beleggings, werksgeleenthede en uitvoere te bevorder, en kontrakte aan swartmense te gee. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging se woordvoerder, Ncumisa Mcata-Mhlauli, sê die eerste fase het sedert 2019 meer as twee-miljard-rand se beleggings van groot maatskappye in die pluimveesektor gelok. Volgens haar behels fase twee 635-miljoen-rand se beleggings, voorkeur aan ondernemings in swart besit en die bevordering van plaaslike produksie.
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, verwerp misleidende bewerings rondom buitensporige besteding aan haar reiskoste toe sy die minister van Menslike Nedersettings was. Kubayi verduidelik die aangetekende koste ter waarde van 400-duisend-rand vir haar reise na Beijing en San Francisco was oordrewe. Haar werklike verblyfkoste was aansienlik minder. Die ministerie se woordvoerder, Terrence Manase, sê die minister het die syfers amptelik reggestel in die Parlement:
# Die hoof van die Amerikaanse Departement van Regerings-doeltreffendheid, Elon Musk, sê federale werkers het nog ‘n geleentheid om hulle poste te regverdig of hulle werk te verloor, terwyl die oorspronklike sperdatum verstryk het nadat personeel by verskeie federale agentskappe aangesê is om sy versoek te verontagsaam. Musk het werknemers aanvanklik tot gisteraand gegee om hul werkverrigting in ‘n e-pos te verduidelik. Sy departement doen stappe om federale personeel en uitgawes te besnoei. Musk het op X geskryf versuim om te reagee, sal lei tot afdanking.
# Gholf: Die Stad Johannesburg sê hy is gereed om elite spelers van reg oor die wêreld te ontvang wanneer die 17de Johannesburgse Ope vroeg volgende maand na die Houghton-klub terugkeer. Die baan het ‘n trotse geskiedenis as ‘n kampioenskapsgerief, met die aanbieding van nie minder nie as agt SA Ope-byeenkomste. Die metro se woordvoerder, Virgil James, sê voorbereidings is aan die gang, en bemarkingspogings word opgeskerp om meer toeskouers te lok na vanjaar se toernooi:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 19-rand-27-sent teen die euro en 23-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-29-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-940-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….