Nuus 16:00
BULLETIN 21 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ‘n driedubbele moord in Lusikisiki
# ‘n Toename in heuningby-vergiftigings bedreig voedselsekerheid in die Wes-Kaap
# En sokker: Pep Guardiola wil City na ‘n nuwe era lei na hul vertrek uit die Kampioeneliga
# Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n man met ‘n klapmus gisteraand drie vroue doodgeskiet het in ‘n huis in Lusikisiki. Woordvoerder Welile Matyolo sê die verdagte het volgens berigte by die huis in Sitshayelo ingegaan en na ‘n familielid gevra voordat hy haar, haar ma en haar suster geskiet het:
Die polisie gaan intussen Donderdag hoë moordsones hersien en op gebiede met verhoogde misdaadsyfers fokus. Die hersiening sal wetstoepassingstrategieë evalueer en maatreëls ondersoek om die toenemende aantal moorde te beperk, veral waar vuurwapens betrokke is. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het tydens die bekendmaking van die jongste misdaadstatistiek die media meegedeel dat meer as 16-duisend vuurwapens onlangs vernietig is as deel van pogings om onwettige wapens uit gemeenskappe te verwyder:
# Die Wes-Kaapse Byeboerorganisasie waarsku oor ‘n toename in heuningbyvergiftigings reg oor die provinsie, wat bioverskeidenheid en voedselsekerheid in gevaar stel. Volgens Daily Maverick het ‘n byeboer van Worcester, wat grootskaalse bestuiwingsdienste aan plase lewer, ‘n verlies van meer as 600 kolonies op ‘n enkele bloubessieplaas aangemeld. Die vereniging veroordeel die nalatige en dikwels oningeligte gebruik van landbouchemikalieë, wat ‘n ernstige gevaar inhou vir voedselproduksie, die omgewing en die voortbestaan van byeboere.
# Arabiese leiers vergader in Saoedi-Arabië om ‘n herstelplan vir Gasa saam te stel, as teenvoeter vir president Donald Trump se voorstel vir Amerikaanse beheer en die uitsetting van die inwoners van die streek. Arabiese state is verenig in hul teenkanting van Trump se plan, maar daar is steeds onenigheid oor wie die oorloggeteisterde Palestynse gebied moet regeer en hoe die heropbou gefinansier moet word. Trump se voorstel dat die VSA die Gaza-strook oorneem en sy meer as twee-miljoen inwoners in Egipte en Jordanië hervestig word, het tot wêreldwye verontwaardiging gelei.
# Sokker: Manchester City se hoofafrigter, Pep Guardiola, sê niks hou vir ewig nie. Hy het reageer nadat sy span uit die Kampioeneliga geskakel is toe hulle 6-3 gemiddeld teen Real Madrid verloor het. Dit was die eerste keer onder sy leiding dat hulle nie die laaste 16 kon haal nie. City het maar in die 22ste plek in die ligaronde geëindig. Guardiola erken hulle is die grootste deel van die seisoen oortref, maar wil die span na ‘n nuwe era lei nadat ses nuwe spelers in Januarie gekontrakteer is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-37-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-777-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-932-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 75-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….