Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU veroordeel pogings om te verhinder die Lily- en Barbrook-myn heropen
# Rugby: Die Blitsbokke maak belangrike veranderings aan die groep voor die Vancouver Sewes
# En venoemdes vir die Rock & Roll-heldesaal sluit in Mariah Carey en Oasis
# Die vakbondfederasie Cosatu veroordeel pogings om die heropening van die Lily- en die Barbrook-myn naby Barberton in Mpumalanga te verhinder. Die SSC-groep wil dit likwideer hoewel hy befondsing bekom het om sakeredding te beëindig. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê daar moet voorkeur gegee word om die liggame van drie werkers te herwin nadat hulle in 2016 in ‘n rotsstorting begrawe is, asook die herstel van werksgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap:
# Die DA in die Wes-Kaap sê hy is geskok dat sekere opposisielede voortgaan om parlementêre praktyke te misbruik. Dit volg nadat die ANC-leier in die provinsiale wetgewer, Khalid Sayed, verrigtinge ontwrig het tydens ʼn onlangse vergadering van die staande komitee oor Onderwys. Gillion Bosman van die DA sê Sayed het ʼn mediaverklaring uitgereik waarin hy lede van die publiek uitnooi om vrae te vra oor onderwysposte wat na bewering gesny is. Bosman sê dit het gebeur nadat die vergadering se agenda duidelik uiteengesit is:
# ’n Groot polisie-operasie is aan die gang naby die sentrale treinstasie in die Duitse stad, München, nadat ’n motor ingeploeg het in ’n groep mense wat deelgeneem het aan ‘n betoging van die vakbond Verdi. Die koerant, Bild, berig 15 mense is beseer, terwyl die polisie aanvoer verskeie het seergekry. Die Münchense Veiligheidskonferensie begin môre en die Amerikaanse visepresident, JD Vance, en die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, kom later vandag aan. Die polisie bevestig die motorbestuurder is aangekeer en hou tans geen verdere bedreiging in nie.
# Rugby: Die Blitsbokke het belangrike veranderings aan die groep aangebring voor volgende naweek se sewestoernooi in Vancouver. Sebastiaan Jobb is terug in die span na amper twee jaar en vervang die beseerde Zain Davids, terwyl Tristan Leyds herstel het van sy besering en by Dewald Human oorneem. Die span speel sy groepswedstryde teen Nieu-Seeland, Ierland en Australië. Afrigter Philip Snyman sê die veranderings pas by die vinnige sintetiese oppervlak in Kanada, met Jobb se spoed wat moontlik ‘n belangrike faktor gaan wees:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-804-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-918-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-18-sent per vat.
# En ten slotte: Kunstenaars soos Mariah Carey, Cyndi Lauper, Oasis en New Order is onder die 14 benoemdes vir 2025 se opname in die Rock & Roll-heldesaal. Agt van die bekendes, insluitend Chubby Checker en Billy Idol, is die eerste keer benoem. Kunstenaars kom eers in aanmerking vir benoeming 25 jaar nadat hulle hulle eerste kommersiële opname gemaak het. ʼn Internasionale paneel bestaande uit meer as een-duisend-200 kunstenaars, geskiedkundiges en rolspelers in die musiekbedryf kies dan die wenner. Ondersteuners kan ook aanlyn vir hul gunstelinge stem.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….