Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering se Mediumtermyn-ontwikkelingsplan fokus op werksgeleenthede, armoede en die stryd teen korrupsie
# Sokker: Die verdedigende kampioen, Liverpool, pak Newcastle in die Carabaobeker-eindstryd
# En, Netanyahu gee aan Trump ‘n goue roepradio as simbool van sy gebruik van roepradio’s om Hizbollah te teiken
# Die regering se Mediumtermyn-ontwikkelingsplan sal fokus op werkskepping, die uitwissing van armoede en die stryd teen korrupsie. Die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê die plan het ten doel om dienslewering te verbeter, regeringsbegrotings te rig volgens voorkeure en bestuur te versterk. Volgens Ramokgopa vervang die plan die vorige raamwerk en dui ‘n kritieke fase aan in die bereiking van die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030:
# Transnet-bestuur vir Spoorinfrastruktuur het die sluitingsdatum van die spoorgleufbod van vandag tot die 27ste van hierdie maand verleng nadat die Netwerkverklaring bygewerk is. Die eerste verklaring skets die pryse en derdeparty-operateur-integrasie, met bywerkings wat die 2025/26-netwerkvermoë tot 209-miljoen ton verhoog. Aanpassings sluit duidelike billikheidsgebaseerde toegang vir opkomende operateurs en verbeterde beplanningsprosesse in. Dit sal na verwagting breër deelname en beter gehalte aansoeke aanmoedig.
# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA versoek begunstigdes van maatskaplike toelaes om hul goue kaarte teen 28 Februarie met swartkaarte te vervang by die Posbank. Goue kaarte sal daarna gedeaktiveer word, sodat onttrekkings en transaksies nie kan plaasvind nie. Die omruilproses het in September 2024 begin en duisende het reeds oorgeskakel. Begunstigdes kan hul swartkaarte met ‘n geldige Suid-Afrikaanse ID landwyd by uitgesoekte kleinhandelaars afhaal. Die agentskap sê die nuwe kaarte bied dieselfde voordele, is onmiddellik van krag en het verbeterde sekerheid.
# Sokker: Die verdedigende kampioen, Liverpool, het sy plek in die eindstryd van die Carabaobeker-kompetisie bespreek. Cody Gakpo, Mohamed Salah, Dominik Szoboszlai en kaptein Virgil van Dijk se doele het die Reds ‘n sege van vier-nul oor Spurs besorg in die tweede wedstryd van die halfeindronde op Anfield. Liverpool speel op 16 Maart op Wembley teen Newcastle, wat Arsenal vier-nul verslaan het in hul twee halfeind-kragmetings. Liverpool se afrigter, Arne Slot, sê dis spesiaal om sy eerste eindstryd met die span te bereik:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-11-sent teen die euro en 22-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-709-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-865-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-63-sent per vat.
# En ten slotte: Israel se premier, Benjamin Netanyahu, het ʼn vergulde roepradio aan die Amerikaanse president, Donald Trump, geskenk toe die twee dié week in die Withuis ontmoet het. Volgens Netanyahu se kantoor simboliseer die geskenk ‘n keerpunt in die oorlog teen Hezbollah, nadat Israel in September verlede jaar met die gebruik van dodelike roepradio’s ‘n operasie teen die Libanese groep uitgevoer het. Israel sê hierdie strategiese operasie bewys Israel se krag, tegnologiese voortreflikheid en vindingrykheid teen sy vyande.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….