Nuus 16:00
BULLETIN 20 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering moet onmiddellik struikelblokke in die pad van werkskepping verwyder
# Rugby: De Allende glo die Bokke sal hulle foute van Ellispark kan regmaak
# En afstandbeheerde robotte word ingestuur om radioaktiewe afval te verwyder na 2011 se tsunami in Japan
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering van nasionale eenheid moet die belangrikste struikelblokke vir werkskepping uitwys en daadwerklik optree. Die instituut het ‘n verslag vrygestel met die titel “Generating Jobs and Skills for Growth and Prosperity“. Michael Morris van die IRR sê sommige van die belangrikste hindernisse vir werkskepping sluit in die Wet op ‘n Nasionale Minimumloon wat te duur is vir toetreders en ‘n voortdurende vaardigheidstekort wat belegging ontmoedig:
# Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die aanval op drie DA-parlementslede in Philippi was waarskynllik ‘n toevallige roof- of kapingspoging. ‘n Verdagte is gewond nadat Ian Cameron uit selfverdediging geskiet het, terwyl drie ander aangekeer en ‘n vierde nog op vrye voet is. Smith het aan SABC News gesê geweldmisdaad bly ‘n groot bekommernis in Philippi ondanks die onlangse daling in misdaad:
# Die DA sê die inwoners van Sandton in Johannesburg ondervind ‘n ernstige watertekort terwyl die roete vir die G20-beraad spesiale aandag kry. Volgens die party het baie huise en sake-ondernemings nie water nie, maar beamptes is besig om die G20-roete te inspekteer vir internasionale optiese kabels. Leah Potgieter van die DA vra burgemeester Dada Morero om ‘n deursigtige instandhoudings-rooster op te stel sodat alle gebiede regverdig behandel word:
# Rugby: Die Springboksenter Damian de Allende glo hulle sal hulle foute kan regmaak wanneer hulle weer teen die Wallabies te staan kom in Saterdag se Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad. Die Bokke het verlede naweek op Ellispark uitstekend weggespring en 22-voorgeloop, maar uiteindelik 22-38 verloor. De Allende, wat die ramp van die kantlyn af besigtig het, is hierdie naweek in die opdrafspan. Hy sê hulle het hierdie week ‘n aantal lang vergaderings gehou en weet presies wat moet verander om weer op die wenpad te kom.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-584-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-335-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-3-sent per vat.
# En laastens: Japanese tegnici by die beskadigde Fukushima-kernaanleg het afstandbeheerde robotte na een van die reaktorgeboue gestuur as deel van die voorbereidings om radioaktiewe brokstukke te verwyder. Die gevaarlike hoë kernuitstralings maak die verwydering van gesmelte brandstof en ander rommel die skrikwekkendste uitdaging in die dekade-lange aftakeling van die aanleg nadat dit deur ‘n enorme tsunami getref is. Ongeveer 880-ton radioaktiewe materiaal is steeds binne die aanleg – die toneel van een van die wêreld se ergste kernongelukke nadat dit in 2011 deur ‘n tsunami getref is na ‘n kragtige aardbewing.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….