Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Giwusa dreig met massa-optrede as die staatsrede nie aandag gee aan werkers se eise nie
# Die SABS is na maande steeds uit hulle stelsel gesluit na ‘n kuberaanval
# En, gemengde gevegskuns: Dricus du Plessis en Sean Strickland is gereed vir Sondag se herontmoeting
# Die vakbond Giwusa het aangekondig dat hy tot massa-optrede sal oorgaan as president Cyril Ramaphosa se staatsrede nie aandag gee aan werkers se dringende eise nie. Die vakbond dring aan op ‘n verhoging van die nasionale minimumloon tot 15-duisend rand en dat daadwerklike stappe gedoen moet word om werkloosheid te verminder deur openbare werke en nasionalisering. Mametlwe Sebei van Giwusa vra ook ‘n regverdige energie-oordrag, meer maatskaplike verligting en aanspreeklikheid vir korrupsie:
# Die Parlementêre portefeuljekomitee oor Landbou eis dringende optrede om hoogs gevaarlike plaagdoders te verbied. Voorsitter Dina Pule het na aanleiding van berigte oor besmette voedsel en sterftes bevraagteken waarom plaagdoders soos Terbufos steeds gebruik word ondanks ‘n internasionale verbod. Minister John Steenhuisen het wel teen gevare met voedselsekerheid gewaarsku, maar die komitee is nie in die eerste plek begaan oor ekonomiese uitwerking nie en sê openbare veiligheid kry voorkeur. Pule bevestig besprekings oor die kwessie sal voortgaan.
# Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde het maande na ‘n kuberaanval steeds nie toegang tot hulle stelsels nie. Die stelsels word deur die Lynx Ransomware-groep gevange gehou. As gevolg van aanhoudende stelselprobleme, insluitend die mislukking van finansiële stelsels, kan die SABS moontlik inkomsteverliese ly en skade met sy geloofwaardigheid ondervind. Bekommernisse oor beheer- en bestuurmislukkings het ook vorendag gekom. Daar is ‘n toenemende oproep dat skorsings en disiplinêre stappe tydelik beëindig moet word terwyl ondersoeke in verband met hierdie probleme plaasvind.
# Zimbabwe se president en voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Emmerson Mnangagwa, vra ‘n dringende skietstilstand in die Demokratiese Republiek die Kongo. Dit volg op berigte dat Rwandees-gesteunde rebelle nog ‘n dorp naby Bukavu oorgeneem het ondanks die vorige aankondiging van ‘n skietstilstand. Swaar gevegte duur voort met Goma steeds onder die beheer van M23-rebelle. Mnangagwa se versoek kom voor die komende naweek se spitsberaad van die SAOG en die Oos-Afrika-gemeenskap in Tanzanië:
# Gemengde Gevegskuns: Dricus du Plessis en Sean Strickland sê hulle is slaggereed vir Sondag se herontmoeting om die UFC-middelgewigtitel in Sydney, Australië. Du Plessis het in Januarie verlede jaar die titel by Strickland afgeneem. Hy sê daar was geen omstredenheid nie en is van plan om dit hierdie naweek te bewys met ʼn oortuigende oorwinning,terwyl Strickland beplan om die gordel terug te neem. Du Plessis sê hy het nie ʼn herontmoeting versoek nie, maar die skeidsregters het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-58-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-600-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-866-dollar-55-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-71-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….