Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 Januarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
# Die DA-leier kritiseer Ramaphosa omdat hy die Onteieningswet onderteken sonder raadpleging met sy regeringsvennote
# Die Weermag verduidelik ‘n misleidende video van gebeure in die DRK
# En, krieket: Nege toeskouers deel reeds die prysgeld van twee-miljoen-rand in die SA20
# Die DA-leier, John Steenhuisen, het herhaal die party sal nie deel wees van ‘n regering wat die ekonomie of die Grondwet ondermyn nie. Hy het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy die Onteieningswet onderteken het sonder om vennote in die regering van nasionale eenheid te raadpleeg. Steenhuisen het op ‘n nuuskonferensie gesê Suid-Afrika benodig ‘n koalisie wat gelei word deur ‘n party wat verbind is tot goeie regering, fiskale dissipline en die oppergesag van die reg, soos die DA:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het reageer op videomatriaal wat op sosiale media gesien kan word. Die Weermag sê die materiaal is ‘n wanvoorstelling van die voorval met M23-rebelle in the Demokratiese Republiek die Kongo. Hulle sê die beelde van soldate wat ‘n witvlag hys is as gevolg van ‘n skietstilstand wat onderhandel is sodat M23 hulle beseerdes kan herwin, en vir veilige toegang tot mediese behandeling vir Suid-Afrikaanse magte. Die SANW sê hy bly verbind aan die handhawing van vrede en bestendigheid as deel van die Verenigde Nasies se vredesmagte in die DRK met die soldate toegewy aan die taak.
Kenia se president en voorsitter van die Oos-Afrika-gemeenskap, William Ruto, het intussen ‘n buitengewone beraad belê om die toenemende geweld in die ooste van die DRK te bespreek. Hy beklemtoon staatsmanskap is belangriker as militêre oplossings, en het dialoog aangemoedig om die krisis op te los. Ruto sê die noodvergadering wat vir môre beplan word, sluit in die president van Rwanda, Paul Kagame, en die president van die Kongo, Félix Tshisekedi:
# Krieket: Nege toeskouers deel reeds twee-miljoen-rand in die SA20. Die borg bied die bedrag aan om te verdeel tussen alle toeskouers wat die bal met een hand vang. Die jongste vangskoot was gisteraand in die Paarl waar Paarl Royals Durban’s Super Giants verslaan het. Die ander was op Nuweland, Centurion, Durban en Gqeberha. Die prys beloop tans 222-duisend-rand vir elk van die wenners. Die borg onderneem om die wengeld te verdubbel indien die toeskouer ‘n geldige Betway Suid-Afrika-rekening het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-73-sent teen die dollar, 19-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-691-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-744-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 76-dollar-71-sent per vat.
# En ten slotte: Die IVP het sy 50ste bestaansjaar-vieringsprogram in Durban bekendgestel en sy rol in die vorming van Suid-Afrika se demokrasie beklemtoon. Prins Mangosuthu Buthelezi het die party in 1975 gestig. Die program vier die party se bydrae tot die bevryding en die na-apartheidsregering. Vieringe sal op 21 Maart begin met ‘n gebedsdiens, waarna daar ‘n hoofherdenkingsaamtrek in Ulundi, KwaZulu-Natal, sal wees. Die huidige president, Velenkosini Hlabisa, erken hulle het oor die jare ‘n paar groot uitdagings ervaar:
Bly ingeskakel vir meer nuus…………….