Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Desember 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Presidensie versoek Suid-Afrikaners om verantwoordelik fees te vier
# Vragmotorbestuurders is lugtig om Mosambiek binne te gaan na die besluit van die grondwetlike raad
# En Suid-Afrika se blinde sokkerspan keer terug nadat hulle aan die eerste BRICS-toernooi in Rusland deelneem
# Die Presidensie het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om verantwoordelik fees te vier gedurende die feestyd. Adjunkpresident Paul Mashatile waarsku teen alkohol- en dwelmmisbruik en beklemtoon die rol wat dit speel in padongelukke en geskille binne gesinne. Hy het burgers aangemoedig om nie te drink en bestuur nie, en te dink aan gesinne wat tans rou. Mashatile het Suid-Afrikaners ook gevra om met deernis vriendelikheid te betoon teenoor minderbevoorregtes en veilige feestelikhede te bevorder:
Mashatile het Suid-Afrikaners intussen versoek om te verenig teen geslagsgeweld en vrouemoord. Mashatile het in sy Kersboodskap ‘n beroep gedoen op meer mans om deel te neem aan die Beter Mans vir Môre-veldtog teen geslagsgeweld en vrouemoord. Hy beklemtoon ook terwyl vordering gemaak word met die bekamping van MIV en Vigs, bestaan kommer steeds oor die lae opname van antiretrovirale behandeling, veral onder mans.
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het intussen ‘n hartroerende pleidooi tot motoriste gerig om uiters versigtig te bestuur. Dit volg op die kommerwekkende styging in padsterftes in die provinsie, wat bykans op 100 staan. ‘n Woordvoerder van die provinsie, Khuselwa Rantjie, sê die styging is ‘n vernietigende neiging en beklemtoon almal se gesamentlike verantwoordelikheid om te verhoed dat nog mense sterf.
# Die Grensbestuurowerheid het bevestig dat die aantal vragmotors wat op die Lebombo-grenspos in Mpumalanga verwerk word, afgeneem het. Die kommissaris van die owerheid, Mike Masiapato, sê baie vragmotorbestuurders vrees moontlike opstande nadat Mosambiek se grondwetlike raad Frelimo verklaar het tot wenner van Oktober se verkiesing. Masiapato het aan SABC News gesê alternatiewe roetes word beoordeel om die bedreiging teen te werk van betogings wat vrag teiken:
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Blinde Sokkerspan is tuis nadat hulle aan hul eerste BRICS-toernooi in Moskou, Rusland, deelgeneem het. Corinthians Africa het op die OR Tambo-internasionale lughawe in Gauteng geland. Afrigter Jack Msibi het aan SABC News gesê hulle het verskeie wedstryde teen beroepspanne van reg oor die wêreld gewen:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 19-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-101-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-514-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 72-dollar-62-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….