Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 4 Desember 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SASSA se uitvoerende hoof word voorkomend geskors
# Kaapstadse strande bied wêreldklas watergehalte voor die feestyd
# En, tennis: Novak Djokovic begin sy 2025-seisoen in Brisbane
# Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, Busisiwe Memela-Khambula, is voorkomend geskors met volle salaris hangend die uitkoms van ‘n ondersoek na haar aanstelling. Dit volg nadat die Openbare Beskermer ernstige kommer uitgespreek het oor haar aanstelling en Sassa se breër wanfunksionering. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Nokuzola Tolashe, sê daar is besluit om Memela-Khambula te skors weens die behoefte aan ‘n ondersoek sonder verhindering of inmenging.
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik het ‘n forensiese ondersoek aangevra na die versekeringsbedryf se onderwys- en opleidingsowerheid, INSETA, te midde van bewerings oor verkrygingsonreëlmatighede. Die organisasie het kommer uitgespreek oor hoe hy tenders hanteer, wat aandui verskeie ondernemings het moontlik verkrygingsbeleid en wettige vereistes oortree. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê INSETA se optrede, wat die de-akkreditasie van die Nagraadse Instituut vir Finansiële Wetenskappe insluit, regverdig ‘n verdere ondersoek:
# AgriSA doen ‘n beroep vir beter logistieke en nuwe uitvoermarkte ná die bruto binnelandse landbouproduk ‘n daling van 28,8-persent in die derde kwartaal getoon het. Die organisasie skryf die afname toe aan droogtetoestande en ongunstige weer, wat belangrike gewasse en vrugte beïnvloed het. AgriSA is van mening die verbetering van marktoegang, veral in BRICS-lande, en om aandag te skenk aan handelsversperrings, is die sleutel tot inklusiewe groei en werkskepping. Die organisasie versoek beleid wat volhoubare boerderypraktyke ondersteun om langtermyn-veerkragtigheid in die sektor sal verseker.
# Die Stad Kaapstad sê die metro se gewildste strande toon wêreldklas watergehalte-uitslae voor die somerfeestyd. Dit is gegrond op ‘n onafhanklike ontleding van watermonsters. Die hoof van die stad se Kusbestuurs-afdeling, Gregg Oelofse, sê 100-persent van die 120 watermonsters wat oor die afgelope maand op die 30 gewildste strande geneem is, het watergehalte getoon wat binne die riglyne vir ontspanningsgebruik is:
# Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, skop sy 2025-seisoen volgende maand af in die Brisbane-internasionale toernooi ter voorbereiding van die Australiese Ope. Die Serwiër het in Oktober laas meegeding toe hy op die Sjanghaise Meesterstoernooi teen die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, verloor het. Djokovic streef na ‘n elfde Australiese Ope-titel en ʼn rekord 25ste Grand Slam-kroon. Die 37-jarige speler sê hy sien uit na die ongelooflike ondersteuning van Australiese bewonderaars en om die geleentheid in Brisbane ʼn onvergeetlike toernooi te maak.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-13-sent teen die dollar, 19-rand-3-sent teen die euro en 22-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-881-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-643-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-46-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….