Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 November 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola veroordeel waninligting oor Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof
# Werkloosheid daal tot 32,1-persent in die derde kwartaal
# En, motorsport: KitKat word F1 se amptelike sjokoladestafie
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het vals inligting veroordeel, oor Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof. Die saak handel oor Israel se beweerde oortredings van die Volksmoordkonvensie in Gaza en wil die land aanspreeklik hou vir sy optrede, insluitend massamoord. Lamola het aan die media gesê die verkeerde inligting trek aandag af van die voortslepende geweld in Gaza, en Israel moet ingevolge die internasionale reg aanspreeklik gehou word:
# Die amptelike werkloosheidsyfer vir die derde kwartaal van 2024 het met 1,4-persentasiepunte gedaal tot 32,1-persent, vergeleke met die 33,5-persent vir die tweede kwartaal. Volgens Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagopname was daar ‘n toename van 294-duisend in die aantal werkende mense met ‘n afname van 373-duisend ten opsigte van werkloses. Die nie-ekonomies-aktiewe bevolking het tot 16,5-miljoen toegeneem. Die uitgebreide werkloosheidsyfer vir die derde kwartaal het met 0,7 van ‘n persentasiepunt tot 41,9-persent gedaal. Dit sluit in die mense wat opgehou het om werk te soek.
# Die regering doen ‘n beroep op alle burgers om water spaarsaam te gebruik terwyl waterbronne in die land onder erge druk verkeer weens die groeiende bevolking, die uitwerking van aardverwarming en waterlekkasies. Die woordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê om water te bespaar is nie bloot ‘n goeie gewoonte nie, maar wel ‘n noodsaaklikheid. Huishoudings en ondernemings word aangemoedig om slim water maatreëls in te stel. Sy sê ‘n kraan wat drup kan tot 15-liter water per dag mors.
# Cosatu is geskok oor die drukkoste van matriekvraestelle wat van een-miljard- tot 3,6-miljard-rand gestyg het na die aanstelling van Siviwe Gwarube as minister van Basiese Onderwys. Woordvoerder Zanele Sabela sê die besluit om provinsies toe te laat om hul drukkers te kies, het tot hierdie reuse-toename gelei. Net in Limpopo het die koste met meer as 130-persent gestyg. Sabela het Gwarube gekritiseer oor haar hantering van befondsing te midde van die begrotingskrisis, en beklemtoon ook die uitwerking op onderwysers wat die besnoeiing van poste vrees:
# Motorsport: Formule Een en die Switserse sjokoladevervaardiger Nestlé het ‘n vennootskap aangekondig wat KitKat die sport se amptelike sjokoladestafie sal maak. Dit sal volgende seisoen begin wanneer KitKat sy 90ste bestaansjaar vier en F1 sy 75ste. Die welbekende slagspreuk “Have a break, have a KitKat” sal bekendgestel word om te wys hoe belangrik dit is om net ‘n oomblik te neem vir ‘n blaaskans. F1 se kommersiële hoofbeampte, Emily Prazer, sê hulle is verheug om ‘n wêreldbekende en prettige handelsmerk soos KitKat as vennoot te hê.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-6-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 87-duisend-649-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-602-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 68-dollar-12-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….