Nuus 16:00
BULLETIN 8 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile bevestig tradisionele leierskap is die sleutel tot inklusiewe regering
# Die nuwe SAL-raad is aangestel om vlootuitbreiding en bestuur te versterk
# En Binnelandse Sake begin met fase twee van die Vertroude Toer-operateur-skema
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê tradisionele leiers is noodsaaklike vennote in die regering, veral in plattelandse gemeenskappe. Mashatile het op ‘n beraad met tradisionele en Khoi San-leiers in Pretoria hulle rol as die bewaarders van kultuur en tradisies beklemtoon, buite die termynperke van verkose amptenare. Hy het benadruk hulle leierskap is gewortel in hulle voorgeslagte, en nie verkiesings nie, en bepleit vir hulle insluiting in besluite oor tradisionele wette om doeltreffende gemeenskapontwikkeling te verseker:
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê ‘n voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en geoktrooieerde rekenmeester, Sedzani Mudau, is aangestel as nuwe voorsitter van die SAL-raad. Die raad sal fokus op die uitbreiding van die vloot van 20 tot meer as 50 vliegtuie teen 2030, die versterking van bestuur en die behoud van finansiële onafhanklikheid. Creecy het die tussentydse raad geloof wat die redery gelei het van sakeredding in 2021 tot waar dit nou 17 roetes bedryf, insluitende drie internasionale roetes:
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het intussen die bekendstelling van fase twee van die Vertroude Toer-operateur-skema aangekondig. Hy sê ‘n verdere 45 goedgekeurde toeroperateurs word gevoeg by die bestaande 65 wat sedert die bekendstelling in Februarie vanjaar deel van die program is. Schreiber sê sedert die skema se aanlyn portaal ses maande gelede van stapel gestuur is, was daar reeds ‘n bykomende 25-duisend-24 toeriste van Indië en China wat Suid-Afrika besoek het.
# Mpumalanga se windenergie-projek van 155-megawatt het nou finansiële steun. Dit volg op ‘n kragaankoop-ooreenkoms van 15-jaar tussen Seriti Green en Energy Exchange van Suider-Afrika. Die projek van vyf-miljard-rand sal 25 windturbines insluit en sowat 525-gigawatt-ure lewer sodra dit in volle produksie is. Seriti Green se uitvoerende hoof, Peter Venn, sê die ooreenkoms begin ‘n nuwe hoofstuk in Suid-Afrika se energiemark waar onafhanklike kragvervaardigers en handelaars in staat is om in die langtermyn betroubare, skoon krag te lewer.
# Swem: Die driemalige Olimpiese goue-medaljewenner, Adam Peaty, sê hy moet goed presteer op volgende jaar se Statebondspele in Glasgow as hy weer ‘n kans wil hê om uit te blink op die Olimpiese Spele in 2028. Die 30-jarige Engelsman het na verlede jaar se Spele in Parys ‘n blaaskans gevat ter wille van sy geestestoestand en welstand. Peaty het aan BBC Sport gesê hy voel nou weer gemotiveerd:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-71-sent teen die dollar, 20-rand-62-sent teen die euro en 23-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 116-duisend-606-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-390-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 66-dollar-46-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….