Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet verwelkom die VN-Algemene Vergadering se besluit oor Israel se besetting van Palestina
# Obed Bapela van die ANC word beskuldig van wanvoorstelling van die party tydens ‘n reis na Marokko
# En ‘n Suid-Koreaanse skrywer wen die Nobelprys vir Letterkunde
# Die kabinet verwelkom die besluit van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering waarin Israel se besetting van Oos-Jerusalem, die Wesoewer en Gaza onwettig verklaar is. Dit vereis die volledige onttrekking van Israelse setlaars en soldate en bevestig internasionale steun vir die tweestaat-oplossing. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die regering het sy verbintenis tot vrede en geregtigheid herhaal, en ondersteun diplomatieke pogings om die konflik op te los:
# ‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Obed Bapela, het glo die party wanvoorgestel tydens ‘n reis na Marokko wat hy as ‘n familiebesoek voorgehou het. Hy het na bewering ‘n afvaardiging saamgeneem en voorgegee dis ‘n amptelike ANC-afvaardiging, wat gelei het tot ʼn wanvoorstelling van die party se standpunt oor Wes-Sahara. Adjunk-sekretaris-generaal Nomvula Mokonyane het Bapela beveel om alle politieke afsprake te kanselleer. Sy sê sy optrede is in stryd met gevestigde standpunte, insluitend die party se steun vir die dekolonisering van Wes-Sahara. Die party wag vir ‘n formele verduideliking.
# Die EFF se leier, Julius Malema, het die planne vir die party se verkiesingskonferensie in Desember aangekondig. Dit sluit die registrasie van afgevaardigdes en die verkiesing van nuwe leierskap in. Malema sê ‘n onafhanklike verkiesingskommissie sal aangestel word om toesig te hou oor hierdie prosesse. Hy sê die party sal ook 12 verskillende kommissies instel, insluitend een wat fokus op grond en landbouhervorming:
# Rugby: Die Haaie behou kontinuïteit vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Benetton in die Stadio Monigo. Hoofafrigter John Plumtree het min veranderings aangebring, al drie ʼn ruiling. Loskopstut Trevor Nyakane en haker Fez Mbatha vervang vir Ntuthuko Mchunu en Dylan Richardson, terwyl Phepsi Buthelezi en Emmanuel Tshituka truie ruil. Die agterlyn is onveranderd. Die wedstryd begin Saterdagmiddag vier-uur in Treviso in die noorde van Italië.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59-sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 22-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-152-dollar-55-sent. Die prys van goud is twee-duisend-613-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-43-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suid-Koreaanse skrywer, Han Kang, is die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde vir haar intense poëtiese prosa wat geskiedkundige traumas konfronteer en die broosheid van menslike lewe blootlê. Die prysgeld is meer as 19-miljoen-rand en sy sal op 10 Desember saam met ander wenners ʼn medalje ontvang. ‘n Woordvoerder van die Nobelkomitee, Anders Olsson, sê Kan is bekend vir haar boeke, The Vegetarian en Human Acts, en word wêreldwyd hoog aangeskryf:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….