Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 9 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Nasiphi Moya van ActionSA verseker die burgemeestersrol in Tshwane met ANC-steun
# NotInMyName International vra die sluiting van buitelanders se winkels nadat kinders in Soweto sterf
# En, tennis: Maklike oorwinnings vir Jannik Sinner en Carlos Alcaraz in die ronde van 16 in Sjanghai
# Nasiphi Moya van ActionSA is verkies tot nuwe burgemeester van Tshwane. Sy het 122 stemme behaal en die voormalige burgemeester, Cilliers Brink van die DA, 86. Moya, voorheen die onderburgemeester, is deur die ANC en ander politieke partye gesteun nadat Brink vroeër met ‘n mosie van wantroue verwyder is. Moya is amptelik ingehuldig as burgemeester nadat sy die ampseed afgelê het. Sy sê sy gaan diensleweringshervormings in die stad lei wat die ANC amptelik sal onderskryf:
# NotInMyName International versoek die sluiting van spaza-winkels in buitelandse besit, en sê die plaaslike ekonomie moet na sy regmatige eienaars terugkeer. Dit volg op die dood van vyf kinders in Soweto nadat hul na bewering besmette kos geëet het. Die sekretaris-generaal van die beweging, Themba Masango, glo bemagtiging van inwoners met die verwydering van buitelandse winkeleienaars sal help om die township-ekonomie te laat herleef en die gemeenskap se welstand te beskerm:
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het sleutelhervormings uiteengesit wat van stapel gestuur is in sy eerste 100-dae in die portefeulje. Hy sê infrastruktuur is versterk om projekte vaartbelyn te maak, korrupsie word aangepak en ondersoeke word gedoen na mislukte ondernemings soos die Telkom-gebou in Tshwane. Macpherson het ook die misbruik van staatseiendom genoem, sê die boubedryf-mafia word aangepak en kritieke departementele vakatures word gevul. Hy beklemtoon hoe belangrik dit is om Suid-Afrika in ‘n bouterrein te omskep om die ekonomie en werkskepping ‘n hupstoot te gee.
# Tennis: Die twee top spelers in die wêreld, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard, Carlos Alcaraz, het min moeite ondervind in hulle ronde van 16-wedstryde op die Sjanghaise Meesterstoernooi in China. Sinner het die Amerikaner Ben Shelton 6-4, 7-6 verslaan terwyl Alcaraz in skoon stelle wraak geneem het teen die Franse veteraan, Gaёl Monfils, wat hom in Augustus in Cincinnati geklop het. Die Rus Daniil Medvedev het Stefanos Tsitsipas van Griekeland uitgeskakel vir ‘n afspraak met Sinner in die kwarteindronde.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-33-sent teen die euro en 23-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-62-dollar-98-sent. Die prys van goud is twee-duisend-621-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 77-dollar-18-sent per vat.
# En ten slotte: 2024 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan drie wetenskaplikes vir hul baanbrekerswerk met proteïene. Die Amerikaner, David Baker, sal die helfte van die prys ontvang, terwyl Demis Hassabis en John Jumper van die Verenigde Koninkryk die ander helfte sal deel. Die gesogte prys, toegeken deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe, is sowat 20-miljoen-rand werd. Baker het in ‘n telefoonoproep gesê die gebruik van kunsmatige intelligensie om proteïenvorms te voorspel bied nuwe geleenthede vir die ontwerp van proteïene wat mense kan bevoordeel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….