Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 23 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die NSRI vra die publiek om versigtig te wees want gesmelte sneeu kan lei tot oorvol riviere
# Giwusa versoek die Nigeriese regering om alle aanklagte teen die #EndBadGovernance-betogers te laat vaar
# En, tennis: Carlos Alcaraz skiet Roger Federer-vergelykings af na sy oorwinning in die Laver-beker
# Die Nasionale Seereddingsinstituut waarsku dat onlangse swaar sneeuneerslae kan lei tot oorvol riviere. Met die naderende somer en skoolvakansies wat begin het, raai die NSRI Suid-Afrikaners en toeriste aan om ingelig te bly oor die jongste weervooruitsigte en om waterveiligheid toe te pas. Woordvoerder van die instituut, Craig Lambinon, versoek die publiek om bedag te wees op gevaarlike toestande langs waters aan die kus en in die binneland:
# Die vakbond Giwusa doen ‘n beroep op die Nigeriese regering om alle aanklagte teen #EndBadGovernance-betogers te laat vaar en betogers in die tronk vry te laat. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die aanklagte, insluitend hoogverraad, wat die doodstraf beteken, teen aktiviste soos die nasionale koördineerder van die Youth Rights Campaign, Adaramoye Michael, en Mosiu Sodiq, albei in Abuja, is belaglik:
# Die DA in die Wes-Kaap sê dis onwaarskynlik dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se opleidings-akademie Philippi die teiken sal haal om tien-duisend rekrute in die huidige boekjaar te verseker. Die party het verlede week ‘n oorsigbesoek aan die akademie gebring ná bewerings dat fondse wanaangewend word. ʼn DA-woordvoerder, Lisa Schickerling, sê indien die SAPD sy teiken haal, sal die rekrute se gehalte aansienlike kommer veroorsaak en die stryd teen misdaad belemmer:
# Tennis: Carlos Alcaraz het vergelykings met die 20-malige Grand Slam-toernooiwenner, Roger Federer, afgeskiet, oomblikke nadat sy oorwinning gister oor Taylor Fritz die Laver-beker vir Europa ingepalm het. Die 21-jarige Spanjaard, wat die eerste keer aan die toernooi deelgeneem het, het Fritz met 6-2, 7-5 geklop om die toernooi in Berlyn te wen. Na sy oorwinning is die viermalige Grand Slam-toernooiwenner met Federer vergelyk, maar volgens Alcaraz is so ʼn vergelyking “onmoontlik”. Hy sê hy is nog te ver van daardie vlak en hoop om dit eendag te bereik.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-37-sent teen die dollar, 19-rand-31-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-396-dollar-38-sent. Die prys van goud is twee-duisend-623-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 74-dollar-39-sent per vat.
# Ten slotte: Die Cisco-tegnologiemaatskappy sê die meeste reisigers is waaksaam oor sakkerollers en toerisme-swendelary, maar hulle moet ook hulle kuberveiligheid in ag neem. ‘n Kubersekerheidspesialis, Kabelo Letsoalo, sê vakansies bied ook geleenthede vir kubermisdadigers om mense onkant te betrap. Dit help om bewus te wees van algemene aanvalle en hoe om dit te vermy, om veilig te bly en ‘n af-tydjie te geniet:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….