Nuus 16:00
BULLETIN 18 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SA BDS-koalisie kritiseer ‘n konferensie in Johannesburg oor die miskenning van Israelse oorlogsmisdade
# BUSA is bemoedig deur regering se openhartigheid oor die NGV-wet
# En, die Oekraïnse swaargewig bokskampioen, Oleksandr Usyk, is vrygelaat na hy in Pole aangehou is
# Die Suid-Afrikaanse Boycott, Divestment and Sanctions Coalition het die African Global Dialogue-konferensie in Johannesburg veroordeel en beskuldig van die miskenning van Israeliese oorlogsmisdade. Die konferensie vind plaas vanaf vandag tot Vrydag, maar ontvang kritiek oor die normalisering van die voortslepende volksmoord in Gasa. Die koalisie se woordvoerder, Salim Vally, het tydens ‘n nuuskonferensie aangevoer die geleentheid poog om die bloedbad van meer as 40-duisend Palestyne en ander mishandelings te regverdig, terwyl besprekings oor volksmoord en etniese suiwering vermy word:
# Business Unity SA se leierskap sê hy is bemoedig deur die regering se openhartigheid om betrokke te raak by die wesenlike bekommernisse wat ondernemings geopper het oor die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. Die uitvoerende hoof van BUSA, Cas Coovadia, sê op versoek van president Cyril Ramaphosa sal hulle ‘n aanbeveling voorberei wat oplossings uiteensit om die bekommernisse aan te spreek as die basis vir verdere gesprekke met die regering. Hy sê BUSA se hoofdoelwit is om die NGV-wet werkbaar, bekostigbaar en maklik te maak om in te stel:
# Die Franse multi-nasionale maatskappy, Suez Group beklemtoon die behoefte aan die omskakeling van swakbestuurde afvalstortingsterreine na groen opvulterreine. Die groep se direkteur verantwoordelik vir die omskakeling van afval na energie, Odile Oberti, het die omgewingskade wat die wanbestuur van stortingsterreine benadruk en ‘n oplossing voorgestel. Oberti sê die herontwerp van terreine en die herwinning van afval kan werk skep en groenkrag opwek. Sy het aangedui die benadering kan gemeenskappe finansieel en uit ‘n omgewingsoogpunt help, en die sirkulêre ekonomie asook volhoubaarheid, bevorder.
# Boks: Die wêreld-swaargewigkampioen, Oleksandr Usyk, is vrygelaat nadat hy vlugtig aangehou is by die Krakow-lughawe in Pole. Die Oekraïner is verfilm terwyl hy in boeie was, omring deur beamptes in uniform. President Volodymyr Zelensky was woedend oor die polisie se houding teenoor Usyk en het ‘n ondersoek beveel. Usyk is onoorwonne en word as die wêreld se beste swaargewig beskou. In Mei het hy die Britse bokser, Tyson Fury, geklop om die eerste onbetwiste kampioen sedert Lennox Lewis in 2000 te word. Usyk word beskou as ‘n Oekraïense nasionale held en inspirasie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-57-sent teen die dollar, 19-rand-56-sent teen die euro en 23-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-858-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-575-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-22-sent per vat.
# En ten slotte: Die BroadReach Health Development sê as almal wat MIV het hulle medisyne gereeld drink en hulle virus-telling op onopspoorbare vlakke hou, sal help dat die verspreiding van MIV vinniger gekeer word. Afrika suid van die Sahara het die meeste MIV-gevalle in die wêreld. BroadReach se woordvoerder, Ziyanda Makaba, sê die Undetectable = Untransmittable-beweging se doel is om die stigma en diskriminasie teen mense met MIV te bekamp:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….