Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet sê vordering word gemaak om Suid-Afrika van die gryslys verwyder te kry
# Adjunkpresident verduidelik regeringsoptrede teen boubedryf-mafias in die Parlement
# En Paralimiese Spele: ‘n Australiese swemmer wen goud drie jaar na ‘n grusame ongeluk
# Die waarnemende minister in die Presidensie, Maropene Ramokgopa, sê Suid-Afrika maak aansienlike vordering om kommer oor gryslyskwessies met die Finansiële Aksietaakmag aan te pak. Sleutelhervormings sluit in befondsingsraamwerke teen geldwassery en teen-terrorisme, die verbetering van regulatoriese toepassings, asook finansiële deursigtigheid. Ramokgopa het na afloop van die kabinetsvergadering aan die media gesê daar is ten volle voldoen aan 15 van die 20 tegniese vereistes, maar daar is nog 14 probleme met doeltreffendheid wat teen Februarie volgende jaar opgelos moet word:
# Adjunkpresident Paul Mashatile verduidelik vanmiddag die regering se optrede teen die boubedryf-mafie tydens ‘n vraag-en-antwoordsitting in die Nasionale Vergadering. Hy sal ook parlementslede op die hoogte bring oor vredespogings in Soedan, vordering met die Gemeenskaplike Eiendomsverenigings, en ingrypings ten opsigte van uitdagings met waterinfrastruktuur. Daarbenewens sal Mashatile besonderhede bekend maak oor maatreëls om geweld tussen die polisie en misdadigers te voorkom.
# Die EFF-parlementslid, Natasha Ntlangwini, het die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, gevra om sy lede in die Parlement te beskerm teen sommige ministers wat steeds versuim om hulle vrae te beantwoord. Ntlangwini het op die vergadering van die Programkomitee gepraat. Volgens haar bestee lede van die party tyd om hierdie vrae voor te berei en dit verdien ʼn deeglike en weldeurdagte antwoord:
# Die vakverbond Saftu sê die Wes-Kaapse Departement van Onderwys se besluit om twee-duisend-400 onderwysposte te skrap sal die onderwyskrisis in die provinsie laat verdiep. Die federasie meen die besnoeiings sal lei tot ernstige onderwysertekorte, oorvol klaskamers, en ‘n afname in die gehalte van onderwys, wat ‘n negatiewe uitwerking sal hê op leerders en gemeenskappe. Newton Masuku van Saftu waarsku ook oor die ekonomiese nagevolge, omdat die onderwysers wat geraak word aansluit by miljoene mense wat reeds onder die broodlyn leef:
# Paralimpiese Spele: Die Australiese swemmer Alexa Leary het die wêreldrekord twee keer verbeter en goud ingepalm in die 100-meter vryslag S9, net drie jaar na ‘n grusame fiets-ongeluk haar lewe verander het. Die 23-jarige het in 2021 teen ‘n hoë spoed van haar fiets afgeval tydens ‘n driekamp-oefening en ernstige breinskade en verskeie langtermynbeserings opgedoen. Haar ouers moes meer as een keer hoor dat sy nie sou oorleef nie, maar ‘n heldersiende het voorspel sy sal eendag met ‘n Paralimpiese gouemedalje spog. Leary het ook saam met die 100-meter aflosspan goud gewen in Parys.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-77-sent teen die dollar, 19-rand-75-sent teen die euro en 23-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 56-duisend-644-dollar-32-sent. Die prys van goud is twee-duisend-517-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 73-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….