Nuus 16:00
BULLETIN 5 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vier verdagtes sterf in ‘n skietgeveg met die polisie in Randfontein, Gauteng
# Soviet Lekganyane lei parlementêre ondersoek na bewerings van infiltrasie in die strafregstelsel
# En rugby: ‘n Wallabie-haker tree onverwags uit nadat hy onlangs na die toetsgroep teruggekeer het
# Vier verdagtes is doodgeskiet in ‘n skietgeveg met die polisie in Randfontein, wes van Johannesburg. Die waarnemende Gautengse polisiekommissaris, Fred Kekana, sê die groep was na bewering van plan om ‘n sakeroof te pleeg toe beamptes ‘n intelligensie-wenk ontvang het. Kekana het bevestig die verdagtes wou ‘n man beroof wat op pad was om ‘n groot som geld te deponeer. Hy sê die ondersoek is steeds aan die gang:
# Die ANC-lid Soviet Lekganyane is gekies om die parlementêre ad hoc-komitee te lei wat bewerings van korrupsie in die polisie en politieke inmenging sal ondersoek. Die komitee is gestig nadat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, beweer het wetstoepassing word deur misdaadsindikate binnegedring. Die EFF-leier, Julius Malema, is as voorsitter benoem, maar het dit geweier. Lekganyane sê die komitee moet teen die einde van Oktober verslag doen oor sy bevindinge:
# Die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het March and March gevra om nie buitelandse kinders te verhoed om ingeënt te word teen masels en Duitse masels nie. Die burgerlike beweging werk teen die uitwerking van onwettige immigrasie. Die LUR het by die Steve Biko Primary School in Orange Farm aan Newzroom Afrika gesê die veldtog wil alle kinders teen siektes beskerm. Sy sê die departement se deeglike benadering sal kinders ook tuis bereik:
# Rugby: Die Wallabie-haker Dave Porecki het onverwags sy uittrede aangekondig, slegs weke na sy terugkeer na toetsrugby nadat beserings hom vir twee jaar uitgehou het. Hy het verlede maand vir Australië teen Fidji gespeel en harsingskudding opgedoen, in die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus gespeel en die laaste toets met ‘n gesnyde hakskeen misgeloop. Porecki was Australië se kaptein in drie groepswedstryde gedurende 2023 se Wêreldbekertoernooi. Die 32-jarige sê dis nou die regte tyd om ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe aan te pak.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-385-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-356-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 67-dollar-86-sent per vat.
# En laastens, gemeenskappe wat naby die Kruger-wildtuin woon, verkies om wild te beskerm en nie skade aan te rig om ‘n bestaan te maak nie, eerder as om diere vir wins dood te maak. The Conversation berig navorsers het bevind dat meer as 80-persent van die inwoners alternatiewe soos kunsvlyt-toerisme, aanlyn wildgidse en bewaringswerk ondersteun. Dit volg te midde van toenemende wêreldwye druk om trofeejag te verbied. Plaaslike inwoners sê etiese, volhoubare werk kan armoede verminder en diere beskerm, wat ‘n nuwe weg sal baan vir bewaring en ekonomiese groei.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….