Nuus 16:00
BULLETIN 4 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie van Suid-Afrika en Lesotho vergader oor beweerde onwettige militêre kampe
# Tien polisielede word aangekeer vir beweerde korrupsie in Gauteng
# En krieket: Indië verslaan Engeland om die toetsreeks gelykop te laat eindig
# Die Nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, lei vandag ‘n hoëvlakafvaardiging in Maseru, Lesotho, onder die Nasionale Gesamentlike Optrede en Intelligensiestruktuur om met ‘n afvaardiging van die Lesotho Berede polisiediens onder leiding van Borotho Matsoso te vergader. Die vergadering sal kyk na aantygings oor onwettige Basotho militêre opleidingskampe in Suid-Afrika. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê albei hoofde sal ondersoekbevindings voorlê en ‘n gesamentlike verklaring uitreik:
# Die vakbond Giwusa eis ‘n strydlustige strategie van die regering oor die Amerikaanse tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere en nie ‘n kapitalistiese oorgawe nie. Die regering het misluk om ‘n handelsooreenkoms met Amerika te sluit voor die spertyd van 1 Augustus, met ‘n tarief van 30-persent wat nou op Suid-Afrikaanse uitvoere na sy tweede grootste handelsvennoot gehef word. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die krisis verteenwoordig ‘n tyd van groot ekonomiese gevaar en ‘n geleentheid:
# Tien polisiebeamptes is in hegtenis geneem vir diefstal en korrupsie wat verband hou met ‘n operasie in Junie. SABC News berig die groep sluit ses beamptes van die Ekurhuleni Metro-polisiedepartement en vier van die Tsakane-polisiestasie in. Die verdagtes het na bewering ná ‘n klopjag op winkels nie die goedere en duisende rand kontant verklaar waarop beslag gelê is nie. Ondersoeke het gelei tot die beamptes se inhegtenisneming en hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Die DA dring intussen aan op ‘n onafhanklike en deursigtige ondersoek na beweerde finansiële en operasionele wanbestuur by die Polisie-kollege in Philippi, Kaapstad. Die kollege word beskuldig van verkrygings-onreëlmatighede en die uitbuiting van rekrute. Lisa Schickerling van die DA sê die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie het eerstehands die skokkende agteruitgang van die kollege beleef, asook bewerings van seksuele teistering, dwelmgebruik, intimidasie en die afwesigheid van basiese infrastruktuur:
# Krieket: Indië het ‘n naelbyt-oorwinning oor Engeland behaal in die vyfde toets om die reeks gelykop te laat eindig met 2-elk. Die gashere het op die laaste oggend net 35-lopies benodig maar met net vier paaltjies oor op die Oval in London. Indië het binne ‘n uur met ses lopies gewen, maar nie voordat die Engelse bouler, Chris Woakes met sy arm in ʼn verband opgestap het nie. Gus Atkinson het dit reggekry om hom teen die boulers te beskerm, maar is uiteindelik uitgeboul. Mohammed Siraj het vyf paaltjies geneem
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-99-sent teen die dollar, 20-rand-83-sent teen die euro en 23-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-498-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-367-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-25-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….