Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema bied sy steun aan Floyd Shivambu en waarsku oor meer EFF-bedankings
# Die Hersieningsraad trek die parool terug vir die veroordeelde kindermoordenaar Marius van der Westhuizen
# En, krieket: Temba Bavuma sê hulle wil die toetsreeks teen die Windies wen ten spyte van die weer
# Die leier van die EFF, Julius Malema, waarsku nog lede kan padgee na die bedanking van die medestigter en adjunkpresident, Floyd Shivambu. Malema sê Shivambu se vertrek kom na elf jaar en hoewel die party se grondwet nie toelaat dat iemand kan terugkeer nie, is Shivambu welkom om terug te keer as hy so sou besluit. Hy het lede aangeraai om verenig te bly en die party gedurende hierdie kritieke tydperk te versterk:
# Die Toesig- en Paroolhersieningsraad van Korrektiewe Dienste het besluit om die parool terug te trek wat aan Marius van der Westhuizen toegestaan is, wat gevonnis is vir die moord op sy drie minderjarige kinders. Hy sou op 31 Julie vrygelaat word nadat hy 13-jaar van ‘n vonnis van 24-jaar uitgedien het. Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, verwelkom die besluit en sê die paroolstelsel moet hersien word om die kwesbaarstes in die samelewing te beskerm. Groenewald het die hersiening aangevra nadat hy in die kabinet aangestel is.
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, onderneem om gekaapte regeringsgeboue terug te neem en landwyd te kyk na dié wat verlate is. Macpherson het tydens inspeksies verklaar die regering sal nie langer toelaat dat misdadigers voordeel trek uit geboue wat onwettig beset is nie. In die Durban Punt-gebied is regeringsgeboue wat reeds langer as 20-jaar onwettig beset word. Die minister beloof om te begin met uitsettings en hierdie strategie toe te pas in alle provinsie met soortgelyke kwessies.
# Die Bank van Namibië het sy sleutel rentekoers met 25 basispunte tot 7,5-persent verlaag en vir die eerste keer in meer as ‘n jaar van Suid-Afrika se beleid weggebreek. Die stap het ten doel om die Namibiese ekonome te steun met inflasie wat na verwagting in 2024 gemiddeld 4,7-persent sal beloop. Die bank se president, Johannes !Gwaxab, sê die verskil met Suid-Afrika se koers wat onveranderd bly, is na verwagting net tydelik. Namibië se ekonomiese groeikoers sal na raming vanjaar tot 3,1-persent daal weens ‘n afname in primêre nywerhede en droogtetoestande.
# Krieket: Die toetskaptein van die Proteas, Temba Bavuma, sê niemand het beheer oor die weer nie. Daar was geen uitslag in die eerste toets teen die Windies in Trinidad nie nadat dit erg deur reën ontwrig is. Die tweede en laaste toets begin vandag in Providence. Bavuma sê ongeag die weer wil hulle die tweede toets wen om die reeks te beklink:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-99-sent teen die dollar, 19-rand-82-sent teen die euro en 23-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-672-dollar-22-sent. Die prys van goud is twee-duisend-465-dollar-87-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….