Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie dank sy Wes-Kaapse misdaadintelligensiehoof a
# ‘n Buffel val ‘n veldwagter aan in die Kruger-wildtuin
# En, ‘n bekroonde pianis se optrede in Australië word afgestel ná sy opmerkings oor die oorlog tussen Israel en Hamas
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het sy Wes-Kaapse hoof van Misdaadintelligensie, Mzwandile Tiyo, afgedank na ‘n Artikel 34-ondersoek na sy bevoegdheid vir die pos. Dit het gevolg nadat hy ‘n skootrekenaar en ‘n vuurwapen verloor, bronne van Misdaadintelligensie aangewend het om die gesteelde items op te spoor en na bewering ook die verdagtes aangerand het. Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee op die Polisie, Ian Cameron, verwelkom die afdanking en sê dit is noodsaaklik om die publiek se vertroue in die polisie te herstel en etiese gedrag te verseker.
# Die DA het sy oproep vir geregtigheid in die VBS Mutual Bank-plunderskandaal herhaal tydens ‘n nuuskonferensie by die Hooggeregshof in Pretoria, waar ‘n voorverhoor in die sage gehou word. Baxolile Nodada van die DA sê ses jaar na die skandaal oopgevlek is, is dit nou hoogtyd dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou moet word, insluitend politici wat na bewering voordeel getrek het uit die misdaad:
# ‘n Veldwagter van die Pretoriuskop-afdeling in die Kruger-wildtuin is deur ‘n buffel beseer wat op hom afgestorm het. Hy en ‘n kollega was op patrollie naby die Sabierivier toe die dier hom aangeval het. Die beseerde veldwagter het aan die buffel se horings vasgeklou totdat sy kollega die dier geskiet het. ‘n Plaaslike dokter het hom gestabliseer voor hy na ‘n mediese gerief in die omgewing geneem is. SANParke het hom sterkte toegewens en gesê trauma-berading sal aan die veldwagter se gesin verskaf word.
# Die Melbournese Simfonie-orkes in Australië het ‘n bekroonde pianis se komende optrede gekanselleer ná opmerkings oor die oorlog tussen Israel en Hamas. Jayson Gillham het Sondag die komposisie Witness die eerste keer in die openbaar voorgespeel. Dit is deur ‘n ander komponis geskryf as ‘n huldeblyk aan die Palestynse media. Gillham sou Donderdag weer optree, maar die program is verander nadat hy tydens die optrede gesê het Israel het meer as 100 joernaliste vermoor. Die orkes het sê Gillham se uitlatings is ‘n verbreking van sy kontrak.
# Rugby: Aphelele Fassi begin sy vierde toets vir Suid-Afrika op heelagter in Saterdag se Rugbykampioenskapswedstryd teen Australië in Perth. Hy vervang die ervare Willie le Roux in een van die tien veranderings wat die afrigter Rassie Erasmus aangebring het aan die beginspan wat die eerste toets in Brisbane 33-7 gewen het. Fassi het sy debuut vir die Springbokke in 2021 gemaak en 10 punte in sy vorige drie toetse aangeteken. Hy verwag ‘n besondere poging van die Wallabies in die Optus-stadion:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-7-sent teen die dollar, 19-rand-91-sent teen die euro en 23-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-303-dollar-98-sent. Die prys van goud is twee-duisend-473-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….