Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 12 Augustus 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA eis integriteit van die NVG in die saak teen Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent
# Die DA versoek Mpumalanga se Onderwysdepartement om padveiligheidsprogramme by skole in te stel
# En, rugby: Die Wallabies se afrigter sê die Bokke het hulle nie veel beweegruimte gegee in Brisbane nie
# ActionSA het die Nasionale Vervolgingsgesag versoek om integriteit te handhaaf in die saak teen die gewese Vrystaatse premier, Ace Magashhule, se voormalige persoonlike assistent. Moroadi Cholota staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat verband hou met ‘n asbeskontrak van 255 miljoen-rand. Sy het het vlugtig in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn. Patricia Kopane van ActionSA het aan Newzroom Afrika gesê geregtigheid moet geskied:
# Die DA in Mpumalanga vra ‘n spoedige ondersoek na die voorvalle met leerdervervoer in die provinsie. Drie mense, insluitende ‘n leerder, is dood toe ‘n midibus, bakkie en ‘n vragmotor vanoggend op die pad tussen Karino en Mbombela gebots het. ‘n Woordvoerder, Annerie Weber, sê duisende leerders moet elke dag noodgedwonge lang afstande in alle moontlike weerstoestande en dikwels in gevaarlike omstandighede na en van die skool stap:
# Die munisipale werkersvakbond Samwu eis billike vergoeding vir munisipale werkers terwyl hy onderhandelings met die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging hervat. Die vakbond voer aan SALGA se huidige aanbod is onvoldoende en verlig nie die finansiële druk nie. Hulle verwerp die Nasionale Tesourie se aanbeveling oor die beperking van verhogings tot tussen drie- en ses-persent en voer aan dit ondermyn die kollektiewe bedingingsproses. Papike Mohale van Samwu vra SALGA om sy aanbod te hersien en aan werkers se behoeftes te voldoen ten einde hulle werklike waarde te weerspieël.
# Die leiers van Frankryk, Duitsland en Brittanje sê daar kan nie verdere vertragings in die onderhandelings vir ‘n skietstilstand in Gaza wees nie. Hulle waarsku Iran en sy bondgenote teen enige verdere toename van die konflik. Die gesamentlike verklaring volg na een van die dodelikste Israeliese aanvalle op die beleërde Gaza-strook in die meer as tien maande van die konflik. Die Franse president, Emmanuel Macron, die Duitse kanselier, Olaf Scholz, en die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die gevegte moet nou endkry en Hamas moet al die gyselaars nou vrylaat.
# Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, sê Saterdag se nederlaag van 33-7 teen die Springbokke in Brisbane is nie sy grootste bekommernis voor die komende naweek se tweede toets in Perth nie. Suid-Afrika het die meeste van die vaste fasette oorheers en vyf drieë gedruk voor die gasheer laat in die wedstryd ‘n enkele drie kon druk toe die Bokke weens geelkaarte tot 13 spelers beperk is. Schmidt sê Australië sal ‘n klompie elemente meer mededingend moet maak:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-21-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-680-dollar-6-sent. Die prys van goud is twee-duisend-443-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-31-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….