Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Joburg Crisis Alliance herhaal sy oproepe vir burgemeester Gwamanda se bedanking
# Gauteng se siviele regstelsel loop deur onder ‘n tekort aan regters
# En, die Olimpiese Spele: Andy Murray onttrek aan die tennis-enkelspel
# Die Joburg Crisis Alliance eis dringende politieke optrede teen burgemeester Kabelo Gwamanda se mislukte leierskap. Burgerlike groepe in die alliansie eis opnuut dat hy bedank oor wat hulle bestempel as die verergerende diensleweringskrisis. Hulle sê Gwamanda beskik nie oor die vaardighede om die stad se ernstige kwessies te bestuur nie. Tessa Dooms van die Rivonia Circle vra onmiddellike aanspreeklikheid en nuwe leierskap in die metro:
# Die Pretoriase Prokureursvereniging waarsku Gauteng se siviele regstelsel ondervind ‘n krisis as gevolg van ʼn tekort aan regters en ʼn groot aantal sake. Dit veroorsaak agterstande van tot vyf jaar. ʼn Woordvoerder van die vereniging, Nicolette de Witt, sê siviele sake word vir Januarie 2029 geskeduleer terwyl sommige klaers in sake van persoonlike beserings tot ses jaar wag vir ʼn verhoor. Sy sê 20 bykomende regters is nodig om die agterstand in te haal en tydige toegang tot geregtigheid te verseker.
# Inwoners van Kaapstad word aangeraai om voor te berei op ‘n nat naweek nadat die Weerdiens ‘n vlak vyf-weerwaarskuwing uitgereik het. News24 berig swaar reën word verwag, wat die stad se rampbestuurspanne noop om op bystand te wees. Inwoners word gevra om afvoerstelsels op te ruim en hulle eiendomme te beveilig. Eskom waarsku ook oor moontlike kwesbaarheid in die kragnetwerk weens die storms, wat herstelwerk kan raak. Die Wes-Kaap, wat reeds te kampe het met aansienlike stormskade van meer as ‘n miljard-rand, werk steeds aan hersteluitdagings.
# Olimpiese Spele: Andy Murray het onttrek aan die tennis-enkelspel in Parys, maar die tweemalige gouemedaljewenner sal steeds dubbels speel. Die Britse voormalige wêreld nommer een, wat aan die einde van sy vyfde Spele uittree, het nog nie ten volle herstel na ‘n rugoperasie verlede maand nie. Hy glo die mans-dubbelspel, waar hy saam met Dan Evans speel, bied die beste geleentheid vir nog ‘n medalje. Die wêreld nommer een, Jannik Sinner van Italië, het ook onttrek, wat Novak Djokovic van Serwië as die topgekeurde laat.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-49-sent teen die dollar, 20-rand-7-sent teen die euro en 23-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-238-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-370-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-23-sent per vat.
# En ten slotte: Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake, Ricardo Mackenzie, is vol vertroue die drie Suid-Afrikaanse terreine uit die Middel-Steentydperk in die provinsie en in KwaZulu-Natal sal Wêrelderfenis-status ontvang. Die benoemings sluit in Nelson Mandela-erfenisgebiede ingevolge die Ontluiking van Moderne Menslike Gedrag en Vrymaking en Versoening van Menseregte. Hy het aan die SABC gesê die insluiting op die 46ste Wêrelderfenis-komitee sal toerisme bevoordeel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….