Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus stel ‘n toesigmeganisme voor vir presidensiële aanspreeklikheid
# Tot 48-persent van Suid-Afrikaners beoog om geld te onttrek ingevolge die tweepot-aftreestelsel
# En, die Olimpiese Spele: Die identiteit van die persoon wat die vlamketel gaan aansteek is ‘n goedbewaarde geheim
# Die VF Plus sê ‘n toesigmeganisme vir presidensiële aanspreeklikheid is noodsaaklik vir die sukses van die regering van nasionale eenheid. Die party bly verbind tot die eenheidsregering, maar versoek aanpassings, insluitend die handhawing van die Grondwet, die Menseregtehandves en die oppergesag van die reg, terwyl nie-rassigheid en nie-seksisme ook verseker moet word. Corné Mulder van die VF Plus eis beter toesig oor die Presidensie om doeltreffende regering sonder politieke twiste te verseker:
# Tot 48-persent van Suid-Afrikaners met pensioenfondse beplan om van 1 September van hul geld te onttrek ingevolge die nuwe tweepot-aftreestelsel. Redes sluit hoofsaaklik in om skuld af te betaal of dit te gebuik vir daaglikse uitgawes. Navorsing deur Worth toon kommer bestaan oor te min spaargeld vir noodgevalle en jaarlikse onttrekkings, terwyl sommige sal bedank sodat hul pensoengeld kan uitbetaal. Gebrekkige finansiële opvoeding bestaan, waar 42-persent werkgewers geen steun verskaf nie. Die uitvoerende hoof, Gary Kayle, sê kontantvloei moet verbeter en skuld verminder word om voortydige onttrekkings te verhoed.
# Die Stad Tshwane sê die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning het in die 2023/’24-boekjaar beleggings ter waarde van sowat 5,6-miljard-rand bewerkstellig en ondersteun. Dit het gelei tot die skepping van ongeveer twee-duisend-770 regstreekse en onregstreekse werksgeleenthede. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, Hannes Coetzee, sê die beleggings is in die voertuig-, bou- en ontwikkelingsbedryf:
# Die Amerikaanse Tesourie het sanksies ingestel teen twee beweerde agente van Islamitiese Staat in Suid-Afrika en sê hulle gebruik rooftogte en ontvoerings om die terreurgroep te befonds. Volgens Amerika is Abubakar Swalleh bedrywig in Suid-Afrika en Zambië, en Zayd Gangat word verbind met ‘n wyer ISIS-netwerk oor Afrika. Leiers van ISIS in Suid-Afrika gebruik nog altyd rooftogte, afpersing en ontvoering vir ‘n losprys om geld in te samel vir die groep. Die sanksies bevries hulle bates in Amerika en verbied Amerikaanse burgers om met hulle sake te doen.
# Olimpiese Spele: Net ‘n handjievol mense weet wie Vrydagaand die vlamketel sal aansteek tydens die openingsplegtigheid in Parys – nie eens die persoon wie se eer dit sal wees nie. Die president van die reëlingskomitee, Tony Estanguet, sê minder as twaalf mense weet wat niemand anders weet nie. Die plegtigheid word die eerste keer nie in die hoofstadion gehou nie, maar op vlotte op die Seinerivier. Die vlamketel staan in die Tuileries-tuine in Parys se middestad.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-31-sent teen die dollar, 19-rand-86-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-411-dollar-54-sent. Die prys van goud is twee-duisend-417-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….