Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Inkomstediens teiken invoerskuiwergate wat SA 3,5-miljard-rand kos
# Talle platinummyne moet dalk voortydig sluit weens finansiële beperkings
# En, rugby: Phepsi Buthelezi sê daar is baie leiers in die Springbok-groep
# Die kommissaris van die Inkomstediens, Edward Kieswetter, plaas klem op die belastingverlies van 3,5-miljard-rand weens invoerskuiwergate wat aanlyn kleinhandelaars gebruik. Hy onderstreep in ‘n onderhoud met News24 dié skuiwergate gee aanlyn platforms soos Shein en Temu ‘n onregverdige voordeel. Hy sê die Inkomstediens dateer sy belastingreëls op om regverdige belastinginsameling te verseker. Daarby is nuwe regulasies ingestel om ingevoerde pakkies teen dieselfde koers as plaaslike kleinhandelaars te belas.
# Die adjunkpresident van die Mineraleraad van Suid-Afrika, Paul Dunne, waarsku talle platinummyne mag dalk voortydig sluit weens finansiële beperkings. Hy het op die Shanghaise Platinumweek twee globale scenario’s uitgelig: ‘n afnemende oranje lyn vir myne sonder finansiële beperkings, en ‘n donkerder lyn wat dui op ineenstorting as die huidige platinum-groepsmetaalprys voortduur. Selfs sonder finansiële kwessies sal die produksieverlies van ou myne nie gedek word deur huidige beleggings nie. Soortgelyke vooruitskattings bestaan vir palladium en rodium, met alle platinum-groepsmetale wat te kampe het met aansienlike produksie-afname.
# Die gemiddelde damvlakke in die Wes-Kaap het na erge storms gestyg tot 87,5-persent. Die Departement van Water en Sanitasie berig verskeie damme is meer as 100-persent vol, waaronder die Bergrivier- en die Buffeljags-dam. Damme in Kaapstad se vlakke het binne ‘n week met 20-persent gestyg en staan nou op gemiddeld 95,2-persent. Ondanks die reën, moedig die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, waterbesparing aan en beklemtoon beleggings in ontsouting en grondwaterprojekte. Die Weerdiens voorspel nog reën, met ‘n Geel Vlak 2-waarskuwing vir ontwrigtende neerslae en skadelike wind.
# Rugby: Die losvoorspeler Phepsi Buthelezi is een van sewe nuwelinge in die Springbok-groep vir Saterdag se heel eerste toets teen Portugal, wat in Bloemfontein plaasvind. Die 25-jarige is as flank in die opdrafspan. Buthelezi is bekend met die leierskaprol by die Junior Springbokke en die Haaie en sê hy is beïndruk met die manier waarop die leierskap by die Springbokke gedeel word:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-18-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-906-dollar-92-sent. Die prys van goud is twee-duisend-472-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-15-sent per vat.
# En ten slotte: Die Stad Johannesburg het sy Vaya Smart Lift Club karaoke-kompetisie vir skole van stapel gestuur. Die wenner sal twee-duisend-500-rand in kontant en 50-duisend-rand vir die skool ontvang. Die stad se woordvoerder, Virgil James, sê die kompetisie het ten doel om jongmense aan te moedig om slimmer en meer omgewingsvriendelike vervoer te gebruik, soos saamryklubs, stap en fietsry:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….