Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank pleit skuldig op 33 aanklagte
# Regerings, die energie- en die telekommunikasie-sektor is die kwesbaarste vir kuberaanvalle
# En, sokker: Engeland se bestuurder sê hulle het ‘n kans om geskiedenis te maak
# Die voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, Tshifhiwa Matodzi, het in die Hooggeregshof in Pretoria skuld erken op 33 aanklagte. Hy was die meesterbrein agter die diefstal van 2,2-miljard-rand by die bank, en beken skuld op aanklagte van diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery. Hy het erken hy het 250-mijoen-rand gesteel deur fiktiewe rekeninge te skep. Die bank is in 2018 onder kuratorskap geplaas en het in 2022 dividende begin likwideer. Onder die 32 inhegtenisnemings was die voormalige hoof- finansiële beampte, Philip Truter, wat tot sewe jaar tronkstraf gevonnis is en staatsgetuie geword het.
# Die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sien ooreenkomste tussen die stryd van Palestyne en Suid-Afrikaners onder apartheid. Pandor het gepraat by die Rhodes-universiteit in Makhanda in die Oos-Kaap en gesê anders as met Suid-Afrikaners, wat leiding gekry het met hulle stryd teen onderdrukking, het dit lande wêreldwyd maande geneem om die kwessies in Gaza aan te pak. Sy beklemtoon die behoefte aan ‘n vreedsame oplossing vir die konflik tussen Israel en Hamas:
# Regerings en energie- en telekommunikasie-sektore in Afrika is die heel kwesbaarste vir kuberaanvalle. Gevorderde, volgehoue bedreigings soos MuddyWater, FruityArmor en Sidewinder het maatskaplike manipulering, vals werksadvertensies en gesofistikeerde skadelike sagteware soos DeadGlyph en StealerBot gebruik. Om die risiko teen te werk raai Kaspersky die beperking aan van toegang deur derdepartye, korporatiewe graad-sekerheid, die beskerming van operasionele tegnologie-eindpunte en opleiding vir kubersekerheidspanne. Organisasies word aangemoedig om werknemers op te voed oor kubersekerheidspraktyke om voor te bly teen die bedreigings.
# ‘n Krokodil van 4,3-meter is doodgeskiet nadat ‘n 12-jarige meisie in Australië in ‘n aanval dood is. Die reptiel, wat glo minstens 30-jaar oud was, het op die meisie toegeslaan terwyl sy verlede week saam met haar familie geswem het. Haar dood is die eerste noodlottige krokodil-aanval in die Noordelike Gebiede sedert 2018 en het die debat laat opvlam of meer gedoen behoort te word om die krokodilbevolking te beperk. Daar word beraam daar is tans een krokodil vir elke 2,5 mense in die streek.
# Sokker: Engeland se bestuurder, Gareth Southgate, sê hulle is gereed om geskiedenis te maak wanneer hulle vandag teen Nederland te staan kom in die halfeindstryd van die Europese Kampioenskap. Die Drie Leeus hoop om die kompetisie die eerste keer ooit te wen. Vanaand se wenner sal Sondag in Berlyn met Spanje kragte meet, na hulle Frankryk gister twee-een geklop het. Southgate sê daar is ‘n definitiewe verskuiwing in die span se ingesteldheid:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-6-sent teen die dollar, 19-rand-56-sent teen die euro en 23-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-493-dollar-52-sent. Die prys van goud is twee-duisend-377-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-46-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….