Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu versoek die regering van nasionale eenheid om die nasionale gesondheidsversekering in te stel
# Satawu beweer daar is korrupsie in die Transnet-bestuur
# En, Olimpiese Spele: Amerikaanse atlete kry lugversorgers in Parys weens vrese oor hitte
# Cosatu verwelkom die regering van nasionale eenheid se verbintenis om werkers se regte te beskerm en arbeid, sake en die burgerlike samelewing te betrek. Die vakbond beskou dit as deurslaggewend vir werkers se welsyn te midde van ekonomiese uitdagings. Cosatu dring ook aan op die doeltreffende instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering. Die hoofsekretaris, Solly Phetoe, het ná sy sentrale uitvoerende komiteevergadering gesê, belyning met die ANC-verkiesingsmanifes en grondwetlike oppergesag van die reg, is noodsaaklik:
# Satawu beloof om korrupsie en privatisering by Transnet te beveg. Die vakbond verwelkom Transnet se besluit om die uitvoerende hoof van die Transnet Nasionale Haweowerheid, Pepi Silinga, van korrupsie en nepotisme aan te kla en beskuldig hom van die onwettige toekenning van tenders. Satawu se woordvoerder, Amanda Tshemese, is gekant teen die privatisering van die staatsbeheerde instelling weens korrupsie, en wil verseker werkers se belange word vooropgestel en skoon bestuurspraktyke word gehandhaaf:
# Die 3de gewone sessie van die sesde Pan-Afrika-Parlement se sitting het vandag by sy hoofkwartier in Midrand begin. Dit duur tot 5 Julie. Nuwe lede sal ingehuldig word ná die onlangse verkiesings op die vasteland. Hierdie sessie sluit aan by die Afrika-unie se 2024-tema: Educate an African Fit for the 21st Century. Die sessie sal met die viering van sy 20ste bestaansjaar, vergaderings van die elf permanente komitees bevat en verskeie amptenare, organisasies en diplomate sal deelneem.
# Olimpiese Spele: Die Amerikaanse span gaan lugversorgers aan sy atlete in Parys verskaf en sluit aan by ‘n handjievol lande wat die organiseerders se planne ondergrawe om koolstof-vrystellings te beperk. Die uitvoerende hoof van die VSA Olimpiese en Para-Olimpiese organisasie, Sarah Hirshland, sê die stap is bedoel om die Amerikaanse span se vertoning te bevorder. Duitsland, Australië, Italië en Brittanje is van die ander lande met planne om lugversorgers na Frankryk te bring.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-383-dollar-49-sent. Die prys van goud is twee-duisend-326-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-54-sent per vat.
# En ten slotte: ‘n Dertienjarige seun met erge epilepsie is die eerste pasiënt ter wêreld om ‘n toetslopie met ‘n nuwe toestel te ondergaan om sy aanvalle te beheer. Die neurostimuleerder, wat elektriese seine tot diep in sy brein stuur, het Oran Knowlson se aanvalle bedags met 80-persent verminder. Sy moeder, Justine, het aan die BBC vertel hy is gelukkiger en sy lewensgehalte is aansienlik beter. Oran ly sedert hy drie jaar oud is aan Lennox-Gastaut-sindroom, ‘n vorm van epilepsie wat weerstandig is teen behandeling.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….