Nuus 16:00
BULLETIN 12 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party in KwaZulu-Natal is gereed vir koalisiegesprekke met die IVP
# ActionSA kies Athol Trollip as sy nasionale koukusleier te midde van koalisie-uitdagings
# En, krieket: Indië sal nie die mede-gasheer Amerika in New York onderskat nie
# Die MK-party van oudpresident Jacob Zuma in KwaZulu-Natal sê hy is gereed vir onderhandelings oor ‘n koalisie-ooreenkoms met die Inkatha Vryheidsparty. Die sekretaris-generaal van MK, Sihle Ngubane, het verwys na gedeelde politieke ideologieë en belange tussen MK en die IVP in die provinsie. Intussen het die DA se leier in KZN, Francois Rodgers, gesê die party wag op nasionale leierskapsvoorskrifte voordat hy by enige koalisiebesprekings betrokke raak.
ActionSA het Athol Trollip intussen as sy nasionale koukusleier verkies tydens sy eerste koukusvergadering. Die gesoute politikus met omvattende ondervinding sal die party se pogings in die Nasionale Vergadering lei. ActionSA wil sy integriteit as ‘n waghond teen korrupsie en misleiding handhaaf, te midde van ‘n politieke landskap waar die opposisie worstel met uitdagings, veral met die ANC-geleide koalisie. Die party se president, Herman Mashaba, sê Trollip en sy span is bereid om ‘n betekenisvolle uitwerking op die sewende Parlement te hê.
# Die Departement van Gesondheid het pogings verskerp om die verspreiding van A-pokke te bekamp nadat vyf gevalle en ‘n sterfte aangeteken is. Die departement span saam met MIV-programme en sleutelorganisasies om bewusmaking te verhoog. Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het op ‘n nuuskonferensie gesê Tecovirimat, ‘n antivirale medikasie, is vekry vir ernstige gevalle deur skenkings van die Wêreldgesondheidsorganisasie:
# ‘n Sewentigjarige man het uit ‘n bewegende voertuig gespring om van ‘n bende te vlug wat sy plaas in Noordwes aangeval het. Die voorval het begin toe vier aanvallers sy 60-jarige vrou op die plaas buite Swartruggens vermoor het. Hulle het die huis geplunder, die man ontvoer en gesteelde goedere in twee voertuie gelaai. Die man het ná sy ontsnapping nabygeleë boere gewaarsku, wat gelei het tot die inhegtenisneming van ‘n 34-jarige vrou vir die besit van gesteelde eiendom. Sy sal Vrydag in die Landdroshof in Swartruggens verskyn. Die soektog na die moordenaars duur voort.
# Krieket: Indië is vandag op soek na sy derde agtereenvolgende oorwinning in die T20-Wêreldbekertoernooi. Indië word beskou as een van die gunstelinge en sal Amerika na verwagting maklik klop. Die mede-gasheer het egter ook sy eerste twee wedstryde gewen, insluitend ‘n oorwinning oor Pakistan. Vandag se wedstryd is in New York in ‘n stadion waar uitslae moeilik voorspelbaar was met baie lae tellings. Indië se boulafrigter, Paras Mhambrey, sê hulle sal Amerika nie onderskat nie:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-63-sent teen die dollar, 20-rand-6-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-903-dollar-13-sent. Die prys van goud is twee-duisend-314-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….