Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# IVP vier kiesers se protes teen die ANC in die verkiesing
# Die VF Plus sien uit na ‘n sterk opposisierol
# En, krieket: Die Australiese kaptein Mitchell Marsh is fiks verklaar vir die T20 Wêreldbeker
# Die Inkatha Vryheidspatry sê die verkiesingsuitslae wys Suid-Afrikaners het by die stembus betoog deur die ANC-regering uit te stem. Die president van die IVP, Velenkosini Hlabisa, het sy tevredenheid uitgespreek met die uitslae en sê hulle neem kennis dat die ANC nie 50 persent-plus-een kon bereik nie. Hy sê die IVP sal sy kiesersbasis vergroot en sterker verteenwoordiging in verskeie wetgewers kry:
# Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, is optimisties oor koalisies en om ‘n sterk opposisievennoot in die parlement te wees. Hy het by die Uitslagsentrum in Midrand gewys op die ANC se verlies van ‘n meerderheid, die eerste keer in 30 jaar. Volgens Groenewald kan die ANC nie meer sy meerderheid gebruik om die parlement te beheer nie. Groenewald verwag om president Cyril Ramaphosa in die sewende parlement aanspreeklik te hou vir die Phala Phala-sage:
Die ANC loop steeds voor op nasionale vlak terwyl die Verkiesingskommissie byna al die uitslae afgehandel het. Voorlopige uitslae toon die ANC het 40,21-persent, gevolg deur die DA met 21,79-persent en die MK-party met 14,61-persent. In KwaZulu-Natal loop MK voor met 45,35-persent, gevolg deur die IVP met 18,06-persent en die ANC met 16,99-persent. In Gauteng het die ANC 34,78-persent, gevolg deur die DA op 27,53-persent en die EFF met 12,9-persent. Die DA behou sy meerderheid in die Wes-Kaap met 55,26-persent, gevolg deur die ANC met 19,57-persent en die Patriotic Alliance met 7,81-persent van die stemme.
# Krieket: Die kaptein van Australië, Mitchell Marsh, is fiks verklaar vir hulle openingswedstryd op 6 Junie by die T20 Wêreldbeker, maar hy sal nie boul nie. Die veelsydige speler het einde April met ‘n dyspierbesering teruggekeer huis toe van die Indiese Premierliga en het eers vandeesweek sy terugkeer gemaak in twee oefenwedstryde in Trinidad. Hy het nie in enigeen van die wedstryde vir ‘n volle beurt veldwerk gedoen nie en dis onduidelik wanneer hy weer sal kan boul.
# Ten slotte: Die Verenigde Nasies vier vandag Wêrelddag vir Ouers om die onbaatsugtige toewyding van ouers wêreldwyd te eer, terwyl dit pleit vir groter ondersteuning. Vanjaar se tema – Die Belofte van Speelse Ouerskap – benadruk die voordele van speel. Die dag erken ouers as eerste onderwysers, wat gesinseenheid en samehorigheid bevorder. Die VN doen ook ‘n oproep om ondersteunende beleid oor uitdagings soos die balans tussen werk en die gesin, met maatreëls soos ouerskap-verlof. Wêrelddag vir Ouers het ten doel om gemeenskaps- en regeringsoptrede te bevorder wat gesinne koester.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….