Nuus 16:00
BULLETIN 13 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die sterftesyfer in George styg tot 27
# Tshwane se burgemeester besoek die gesin van ‘n vyfjarige kapingslagoffer
# En rugby: Nuwe Wallabies-afrigter beskou Springbokke as massiewe uitdaging
# Die sterftesyfer in die gebou-ineenstorting in George het tot 27 gestyg met die reddingsoperasie wat voortduur. Onder die 81 mense in die gebou tydens die ramp is 55 gered, en 13 is nog in die hospitaal. Van 25 is nog nie rekenskap gegee nie. Pogings om die slagoffers uit te ken word opgeskerp en die families met vermiste geliefdes word aangemoeding om die nodige inligting te gee. Die tragedie het gelei tot ‘n nasionale beroep vir psigologies-maatskaplike steunpraktisyns om die oorlewendes by te staan.
# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê die dood van die vyf-jarige Ditebogo Phalane, wat tydens ‘n kaping in Soshanguve vermoor is, is die ergste tragedie wat hy nog teëgekom het. Hy het innige meegevoel met die gesin betuig en beloof om hulle by te staan. Brink het ‘n beroep vir nasionale bystand gedoen en versoek hierdie tragedie moet ‘n keerpunt wees om misdaad hok te slaan. Hy beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om op te tree, die oortreders vas te trek en padveiligheid te verbeter:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die provinsie is steeds ‘n gesogte bestemming. Toeriste wat per vliegtuig in Kaapstad aankom, het tussen Januarie en Maart vanjaar met 16-persent toegeneem teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, en staan op 336-duisend-268 besoekers. Die Verenigde Koninkryk was in die eerste kwartaal die top- oorsese toeristemark, gevolg deur Duitsland en Amerika. Wenger sê toerisme is ʼn hoeksteen vir die provinsie se strategiese ekonomiese inisiatief, Groei vir Werk:
# Israel veg vandag teen Hamas in Gaza, ook in die verre suide van Rafah, ondanks vermanings deur Amerika teen ‘n volskaalse inval in die digbevolkte stad en die bedreiging van na-oorlogse anargie regoor die Palestynse gebied. Gevegte woed ook in die noordelike en suidelike gebiede van die beleërde Gazastrook, met Israel wat voorberei vir die somber herdenking van Onafhanklikheidsdag wat vannag begin. Eerste minister Benjamin Netanyahu het op ‘n Gedenkdaggeleentheid gesê hulle onafhanklikheidsoorlog is nog nie verby nie. Israel herdenk môre sy onafhanklikheidsverklaring in 1948.
# Rugby: Die nuwe Wallabies-afrigter, Joe Schmidt, berei voor vir sy eerste toetse aan die stuur. Die oud-afrigter van Ierland het Eddie Jones opgevolg, wat net twee van sy nege toetse kon wen en vir die eerste keer nie Australië na die Wêreldbeker-kwarteindronde kon lei nie. Die Aussies verwelkom Wallis en Georgië in Julie voor hulle begin fokus op die Rugbykampioenskap, met twee tuiswedstryde teen Suid-Afrika. Schmidt sê die Springbokke sal ‘n reuse-uitdaging wees:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-34-sent teen die dollar, 19-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-551-dollar-81-sent. Die prys van goud is twee-duisend-348-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-22-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….