Nuus 16:00
BULLETIN 6 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Elektrisiteit ontken energiesekerheid is gekoppel aan die verkiesing
# Human Rights Watch waarsku teen xenofobiese retoriek in die verkiesing
# En, tennis: Daar is twyfel oor Sinner se deelname aan die Franse Ope weens ‘n heupbesering
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het bewerings verwerp van ‘n verband tussen verbeterings in energiesekerheid en die komende verkiesing. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die vordering van die energie-aksieplan en die rol van beplande instandhouding uitgelig. Ramokgopa het ‘n herstel van vyf-persentasiepunte in die eenheids-vermoënsfaktor tussen April verlede jaar en April vanjaar uitgelig, wat aandui beurtkrag se einde is naby. Hy waarsku die uitdagings duur voort, maar verseker daar is vordering gemaak:
Intussen sê Human Rights Watch die toenemende xenofobiese retoriek in die verkiesing stel buitelandse burgers in gevaar. Die organisasie waarsku kandidate van Rise Mzansi, ActionSA en die Patriotic Alliance verbind ongedokumenteerde migrante met misdaad en werkloosheid. Hulle vra die Verkiesingskommissie om die skadelike taal te veroordeel. Die navorser, Nomathamsanqa Masiko-Mpaka, sê die uitbuiting van immigrasiekwessies bedreig die land se bestendigheid en internasionale verpligtinge:
# Russiese aanvalle op energie-infrastruktuur het gelei tot oornag-kragonderbrekings in die Oekraïense streke Sumy en Kharkiv wat grens aan Rusland. Moskou het die afgelope maande aanvalle op Oekraïne se energie-geriewe verskerp, wat ‘n aansienlike deel van die produksie uitgeskakel en onderbrekings en beurtkrag regoor die land veroorsaak het. Kiëf sê Moskou verskerp aanvalle voor Donderdag se landwye vierings wanneer Rusland die oorwinning in die Tweede Wêreldoorlog herdenk. Oekraïne wag ook op die aankoms van belangrike wapenvoorraad uit die Verenigde State.
# Tennis: Die wêreld se nommer twee-speler, Jannik Sinner, se deelname aan die Franse Ope word betwyfel nadat hy aan die Italiaanse Ope in sy vaderland moes onttrek. ‘n Heupbesering het hom verlede week gedwing om aan die Madridse Ope te onttrek nadat hy uitgevind het hoe ernstig die besering is. Sinner gesê hy sal net op Roland Garros speel as hy heeltemal herstel het wanneer die kleibaan Grand Slam-toernooi die 26ste begin. Hy erken die misloop van die toernooi in Rome het sy voorbereidings vir die Franse Ope gekniehalter.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-84-sent teen die euro en 23-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-111-dollar-8-sent. Die prys van goud is twee-duisend-316-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-51-sent per vat.
# En, die sterre van The Lord of the Rings het hulle mede-akteur Bernard Hill gegroet. Hy was bekend vir sy rol as King Théoden. Hill is oorlede op 79. Die sterre Elijah Wood, Billy Boyd, Dominic Monaghan en Sean Astin, wat die rolle vertolk van die vier hobbits, beskou hom as ‘n familielid. Hill was beroemd vir sy rol as kaptein in Titanic, en sy deurbraak het gekom in Boys from the Blackstuff. Hy het die rol vertolk van ‘n werklose man, Yosser Hughes.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….