Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK erken beperkings met die verfiëring van kandidate se handtekenings
# Die oorskot van slagoffers in die busongeluk in Limpopo na Botswana gerepatrieer
# En, rugby: Die Blitsbokke hoop Sage en Soyizwapi laat hulle geluk draai
# Die Verkiesingskommissie het sy onvermoë erken om handtekeninge op die kandidaat-benoemingstelsel te verifieer, te midde van bewerings van vervalste handtekeninge. ‘n Voormalige lid van die MK-party het ‘n bedrogsaak geopen waarin diefstal van identiteitsnommers en handtekeningvervalsing beweer is. Die EFF het ook die wettigheid bevraagteken van handtekeninge wat Build One South Africa onderskryf. Volgens Kate Bapela van die OVK kan hulle net die egtheid van ID-nommers van geregistreerde, lewendige Suid-Afrikaanse kiesers bevestig:
# Die liggame van 45 Botswana-burgers wat tydens Paasfees tragies in ‘n busongeluk in Limpopo gesterf het, word vandag vanaf die Gateway Internasionale Lughawe gerepatrieer. Die identifikasieproses is voltooi en die Botswana se Weermag hou toesig oor hul terugkeer. Baie liggame is erg verbrand in die ongeluk wat op pad na die ZCC se Paaskonferensie plaasgevind het. Die LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, sê die repatriasie bied afsluiting vir die bedroefde gesinne.
# Namibia Wildlife Resorts het bekendgemaak die Bo Plaas-kampterrein langs die Oranjerivier het heropen met verbeterde sekerheid en opgradering van infrastruktuur. Na ‘n tydelike sluiting verlede September weens voorvalle van roof waarby Namibiese en Suid-Afrikaanse toeriste betrokke was, het die oord veiligheidsverbeterings geprioritiseer. Woordvoerder Nelson Ashipala sê hierdie opgraderings het ten doel om besoekers se veiligheid op die kampterrein te verseker:
# Rugby: Die terugkeer van die veterane, Dylan Sage en Siviwe Soyiswapi, dra heelwat ervaring by die Blitsbokke se veldtog by vandeesweek se Singapoer Sewes. Volgens SA Rugby is albei ou kalante met hulle loopbane van bykans ‘n dekade. Albei staatmakers maak hulle eerste verskyning in die 2024-seisoen en Soyiswapi is uiters opgewonde oor wat voorlê:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-7-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-123-dollar-12-sent. Die prys van goud is twee-duisend-311-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-66-sent per vat.
# Ten slotte: ‘n Uitstalling by die Verenigde Nasies se hoofkwartier in New York delf in die verlede van Suid-Afrika se slawerny, met die fokus op mense wat in die 17de eeu by Kaapstad se Slawekwartiere slawe was. Die uitstalling met die titel “Wie was die slawe?” is gebaseer op Kaapstad se Iziko Slave Lodge in 2023. Die uitstalling duur nog tot einde Mei en bied insigte tot hierdie donker hoofstuk en bevorder besinning oor ‘hierdie ‘n aangrypende deel van die land se geskiedenis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….