Nuus 16:00
BULLETIN 18 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika verloor 20-persent van sy dollar-miljoenêrs weens logistiekkwessies en misdaad
# Die UDM sê dienslewering gaan gepaard met omvattende leë beloftes
# En, motorsport: Daar is nuwe uitdagings wanneer F1 na vyf jaar terugkeer na Shanghai
# Die aantal miljoenêrs in Afrika het die afgelope dekade met byna 20-duisend afgeneem weens wisselkoers-waardevermindering en ekonomiese uitdagings. Net 135-duisend-200 mense se rykdom oorskry nou een-miljoen-dollar. Suid-Afrika, wat die tuiste van die meeste ryk mense in Afrika is, het die afgelope dekade 20-persent van sy dollar-miljoenêrs verloor weens logistieke uitdagings en misdaad. Henley & Partners berig egter Afrika se miljoenêrbevolking sal in die komende dekade met 65-persent toeneem, aangevuur deur groei in lande soos Mauritius en Namibië.
# Die United Democratic Movement is bekommerd dat dienslewering slegs ‘n nasionale fokuspunt gemaak word tydens verkiesingstye, wanneer dit met omvattende leë beloftes gepaard gaan. Die party sê Suid-Afrika moet begin aandag gee aan dienslewering met die erns wat dit verdien en die regstreekse uitwerking daarvan op die bemagtiging van mense in die samelewing verstaan. Die UDM se sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê diensleweringsbetogings het die gebruik in Suid-Afrika geword omdat plaaslike munisipaliteite en nasionale regerings net luister wanneer daar verset-optrede is:
# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê aansienlike vordering is gemaak om die munisipaliteit te laat herleef. Hy beklemtoon die aanstelling van ‘n nuwe topbestuurspan wat gefokus is op prestasie en integriteit. Brink is in sy stadsrede vol vertroue om ‘n ongekwalifiseerde oudit te bereik deur die oorblywende kwessies aan te pak, en beklemtoon die finansiële reddingspoging duur voort, met baie werk wat voorlê:
# Duisende mense is aangesê om hulle huise te verlaat nadat ‘n Indonesiese vulkaan uitgebars en as hoog die lug ingestuur het. Die owerhede sê die Ruang-vulkaan van 725-meter in die noorde van die eiland Sulawesi het in 24-uur minstens vyf keer uitgebars. Hulle is bekommerd ‘n deel van die berg kan in die see stort en ‘n tsunami veroorsaak. Mense moet minstens ses kilometer ver wegbly. Die eilandgroep met sy 270-milljoen inwoners het 120 aktiewe vulkane.
# Motorsport: Formule Een keer die naweek die eerste keer in vyf jaar terug na China, en dit bring nuwe uitdagings mee. Die eerste snelren van die seisoen vind Saterdag in Shanghai plaas. Renjaers kry net ‘n uur se vrye oefening môre om hulle motorenjins te verfyn en die bande te beoordeel, terwyl die ingenieurs net met nabootserdata moet voorberei vir die wedren. Buitebande het sedert 2019 aansienlik verander, en die baan, wat min gebruik word, kan dalk ook meer stamperig wees as voorheen.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-5-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-587-dollar-97-sent. Die prys van goud is twee-duisend-384-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….