Nuus 16:00
BULLETIN 30 Oktober 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie voer aan March and March se betogings in Durban ontaard in wetteloosheid
# Tanzanië en Angola verbind hul oseaan-deurgange
# En sokker: CAF herstel AFCON tot sy tradisionele tweejaarsiklus
# Die polisie sukkel om die anti-immigrasie-organisasie March and March se betogings in Durban se middestad te beheer weens beweerde geweld, gevaarlike wapens en die ontwrigting van straatverkopers se sake. Advokaat Nalini Govender, wat die polisie en die Ministerie van Polisie verteenwoordig, het die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof meegedeel sommige byeenkomste is nie meer vreedsaam en ongewapen soos die Grondwet vereis nie. Sy sê betogers wat die wet oortree, behoort nie grondwetlik beskerm te word nie:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku Suid-Afrikaners kan hoër maandelikse elektrisiteitsheffings betaal ingevolge die voorgestelde hersiene prysbeleid, al gebruik hulle minder krag. Die organisasie is bekommerd hoër vaste heffings en voorgestelde tydgebaseerde tariewe kan huishoudings met sonkrag straf. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die konsepbeleid fokus te veel op die beskerming van Eskom en ander kragverskaffers se inkomste en moet eerder elektrisiteit bekostigbaar hou en mededinging aanmoedig.
# Die Grensbestuursowerheid sê verskerpte grensbewaking, intelligensie-gedrewe operasies en samewerking met die privaat sektor lewer positiewe uitslae in die stryd teen oorgrens-misdaad. Twee gehuurde Ford Rangers, wat vermoedelik bedrieglik bekom is, is onderskep toe probeer is om dit deur die Kosibaai-grenspos in Maputaland, KwaZulu-Natal, na Mosambiek te smokkel. Woordvoerder Mmemme Mogotsi sê twee verdagtes is in hegtenis geneem:
# Tanzanië en Angola het ooreengekom om hul Indiese en Atlantiese Oseaan-vervoer-deurgange deur Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo te verbind. Tanzanië se president, Samia Suluhu Hassan, sê die Benguela-spoorlyn sal aansluit by die Tanzanië-Zambië-spoorlyn, wat Angola se Lobito-deurgang met die hawe van Dar-es-Salaam verbind. Die projek volg op ‘n Chinese ooreenkoms om die Tanzanië-Zambië-spoorlyn op te knap om streekshandel en mineraaluitvoere te bevorder. Geen voltooiingsdatum is nog aangekondig nie.
# Sokker: Afrika se beheerliggaam, CAF, het bevestig dat die Afrikabeker-toernooi na ‘n tweejaar-siklus terugkeer en sodoende sy vorige besluit omgekeer om die toernooi elke vier jaar te hou. Dit word sedert 1968 elke twee jaar gehou, met die uitsondering van ‘n onderbreking van net een jaar tussen die toernooie van 2012 en 2013. CAF se president, Patrice Motsepe, sê die besluit beskerm die belange van Afrika-sokker en gee die voorgestelde Afrika-nasiesliga meer tyd om te ontwikkel. Die volgende toernooi vind volgende jaar in Kenia, Tanzanië en Uganda plaas.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 18-rand-65-sent teen die euro en 22-rand-37-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-354-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-963-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 117-dollar-93-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….